Related image

Vandag is Vrydag, die vyfde ene sedert Rots se einas geopereer is. Ons driedubbele tou se een kabel geknak.

So Bab en ek, met haar vennoot Mielie en ons kinders van Afrika-mammas,  moet ekstra skouer aan die wiel sit om die Lekker winkel en die Winkel vir bedorwe boere aan die gang te hou.

Julle lag, my man is al 30 jaar in die kunsmis bedryf, sy kliënte in die grond in bederf.  Ek het al geskryf hy het, toe Bab klein was en ekke by ‘n gemeenskapskoerant joernalis was en hy pas begin kunsmis smous het ons soos volg voorgestel het: My kind maak dit, my vrou praat dit en ek verkoop dit! Rêrig, ware storie van ons lewe.

Maar om terug te kom by Vrydag, ons dae is lank en weke woes. Vanoggend ry ek en Bab net na 07h00 die 40km stat toe. Die winkels moet oop, daar is kunsmis te laai, ons kry kaggel voorraad in, die twee meisiekinders het ‘n vriendin se verjaardag, so dis hulle afdag.

Bab kyk my so. “Ek wil vir jou nuwe musiek speel.”

Jack Parow se In my koningkryk, Mikey Mike en Imagine Dragons se nuwe snitte laat gou die Legend se vensters bewe, en ek en my Bab lag oopmond.

Opsluit besluit ek flip dit, dis rebellie- en romansedag, en daarom deel ek die musieke met my mede-musieksmakers hier in Blogland.  Vir die ander maats in wie se kraal niks hiervan sal val nie -jammer om te hoor.

Die rebel in my wil gil en weghol, maar die grootmens sê draai die musiek op en kry dit uit jou gestel. Daar is werk wat wag en vanaand ‘n lang glas wyn,  laatslaapvooruitsigte én reën vir die naweek op die kaarte. Watwou mismoed!

Baai.

NS. Ek gaan nou op iTunes die Mooi Imagine Dragon lied koop sodat Rots dit ook kan luister. As ek  ‘n anthem vir ons twee sou skryf, sal dit soiets wees. Dankie my Bab dat jy my ore en musiek jonk en huidig hou. Lief vir jou in eweigheid in.