south_africa_pond_1898

Ek kook so kwaad is ek. Storieklong stop nie met gerugte en chaos nie.  Abrie kom speel die eenheid en eendrag kaart na ‘n week se afwesigheid. Wil vertel ek is eksugtige Gupta-kloon. Verweer gaan ek nie.

Maar hier is nuus of wat julle ookal daarmee wil maak:

IT spesialiste het die eposse wat kamtig deur Una geskryf is, se IP adres nagespeur. Ai, Storieklong, rerig. Ek het ons verhaal tot dusver aan die Huisgenoot en Rapport verkoop en hulle fotograwe is saam met die polisie onderweg om Klong te gaan oplaai. Hy gaan nie tronkstraf kry nie, nee hy gaan gemeenskapswerk doen vir 5 jaar, elke Saterdag by die ouetehuis se badkamers. Dis so met die polisie onderhandel. Julle sal seker nie omgee as ons dan die geld vir die kinderfonds of wat ookal Klong versin het, skenk nie?

Waarom sal ek my enigste maats in blogland so seer wil maak en onmin wil saai? Abrie jou afwesigheid het al hierdie vermoedens laat ontstaan. Jinne, die towerinne noem jou glads Boss. Bly ek stil gaan jy my verder uithaal, en baklei ek, gaan jy my uithaal. So ek los dit maar doodgewoon.

Is julle ook bly oor ons nuwe miljarder President. Hoop net nie hy steek by Trump kers op nie.  Maar dis anderdag se gesels.

Julle gaan nie glo nie!

Ek ry nog so tussen  George in Toweropstal se rigting en daar staan hy. In sy swartpak aan die sweet en duim in die lug.  Athul Gupta. Hy bedel ‘n rit na die lughawe. Dis mos nou op my pad na julle toe. Wel, ek het hom opgelaai. Siestog die arme man. Pas voortvlugtig verklaar.

atul

Ek het gestop en toe hy inklim het ‘n goeie spuit pepersproei hom kolskoot getref. Tjoef tjaf het ek hom oorrompel en vasgebind. Hy rus nou onder die bakkie se seiltjie. Ek het die polisie en SARS geskakel en hulle genooi om by Toweropstal die gevangene te kom afhaal.

Daar is ‘n losprys beding – R5 miljoen.  Nou kan julle al julle strokies maar bring, ons betaal almal se geld terug en dan kan ons saam besluit hoe die res verdeel word. Ek  het nou net voor die parkhome gestop. Kom help my met ons gevangene asseblief.

Hoop ons kan nou mekaar in die oë kyk en rerig saamwerk om die gerugte en innuendo en dwaalspore stop te sit, te hergroepeer en daai geraamte en kis gaan uithaal uit die kelder en regtig fokus om soos ‘n span – ja, Abrie – saam te werk om die skat op te spoor en iets baie goed daarmee doen…

Ek nomineer vir Toortsie  om haar paarties te reël soos sy wil.  Onthou net dis nou die Valke en SARS beamptes wat ook bykom. Tjeers

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896