Ek kook so kwaad is ek. Storieklong stop nie met gerugte en chaos nie. Abrie kom speel die eenheid en eendrag kaart na ‘n week se afwesigheid. Wil vertel ek is eksugtige Gupta-kloon. Verweer gaan ek nie.
Maar hier is nuus of wat julle ookal daarmee wil maak:
IT spesialiste het die eposse wat kamtig deur Una geskryf is, se IP adres nagespeur. Ai, Storieklong, rerig. Ek het ons verhaal tot dusver aan die Huisgenoot en Rapport verkoop en hulle fotograwe is saam met die polisie onderweg om Klong te gaan oplaai. Hy gaan nie tronkstraf kry nie, nee hy gaan gemeenskapswerk doen vir 5 jaar, elke Saterdag by die ouetehuis se badkamers. Dis so met die polisie onderhandel. Julle sal seker nie omgee as ons dan die geld vir die kinderfonds of wat ookal Klong versin het, skenk nie?
Waarom sal ek my enigste maats in blogland so seer wil maak en onmin wil saai? Abrie jou afwesigheid het al hierdie vermoedens laat ontstaan. Jinne, die towerinne noem jou glads Boss. Bly ek stil gaan jy my verder uithaal, en baklei ek, gaan jy my uithaal. So ek los dit maar doodgewoon.
Is julle ook bly oor ons nuwe miljarder President. Hoop net nie hy steek by Trump kers op nie. Maar dis anderdag se gesels.
Julle gaan nie glo nie!
Ek ry nog so tussen George in Toweropstal se rigting en daar staan hy. In sy swartpak aan die sweet en duim in die lug. Athul Gupta. Hy bedel ‘n rit na die lughawe. Dis mos nou op my pad na julle toe. Wel, ek het hom opgelaai. Siestog die arme man. Pas voortvlugtig verklaar.
Ek het gestop en toe hy inklim het ‘n goeie spuit pepersproei hom kolskoot getref. Tjoef tjaf het ek hom oorrompel en vasgebind. Hy rus nou onder die bakkie se seiltjie. Ek het die polisie en SARS geskakel en hulle genooi om by Toweropstal die gevangene te kom afhaal.
Daar is ‘n losprys beding – R5 miljoen. Nou kan julle al julle strokies maar bring, ons betaal almal se geld terug en dan kan ons saam besluit hoe die res verdeel word. Ek het nou net voor die parkhome gestop. Kom help my met ons gevangene asseblief.
Hoop ons kan nou mekaar in die oë kyk en rerig saamwerk om die gerugte en innuendo en dwaalspore stop te sit, te hergroepeer en daai geraamte en kis gaan uithaal uit die kelder en regtig fokus om soos ‘n span – ja, Abrie – saam te werk om die skat op te spoor en iets baie goed daarmee doen…
Ek nomineer vir Toortsie om haar paarties te reël soos sy wil. Onthou net dis nou die Valke en SARS beamptes wat ook bykom. Tjeers
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
GO TOORTSIE!
LikeLike
Lekkervurig, maak asseblief jou kommentare op die vorige blog toe.
LikeLike
Hester ek sal mos nou nooit op ‘n vorige blog kommentaar lewer as die nuwe een al daar is nie. O? jy het nie na my verwys nie… Ek en my groot bek
LikeLiked by 1 person
Ha, hier peul die skelm skielik uit, na ‘n doodse stilte! Lekker planne gemaak saam met Storieklong en die Gryptas!
LikeLiked by 1 person
Perdeybytjie ek hoop nie jy het die Vurige woorde geglo nie. Ek het reeds op die vorige hoofstuk my pyn en teleurstelling verwoord.. Ek was diep gekrenk oor die onwaarhede wat Vurig vertel is. Ek het my beroep op die woorde op die Krugerponde Eendragt maakt magt vandaar die titel van hierdie hoofstuk. Maar ek die Vurige een het reeds ‘n ‘n vredespyp en vonkelsappie gedrink daaroor
LikeLike
Werk, werk want die winter kom. Gaan ons nou af kelder toe om die kis en geraamte van naderby te bekyk….miskien is daar ‘n leidraad. Onthou ons het met die drone se sonar vasgestel die kelder is droog en daar is net ‘n geraamte en skatkissie te sien. Dis seker waar ons moet oorbegin, Hester, Abrie?
LikeLike
Goed Abrie, ek sal my hou by ‘n skietstilstand, maar ek vertrou nie die vrede nie. Mooi woordjies soos Eendragt maak magt, maak my juis hiper-suspisieus. Onthou ek is ‘n perdeby!
LikeLiked by 1 person
Wesp hoe is jou hart dan nou
LikeLiked by 1 person
Daardie geheime brief, Abrie…waar daar ‘n rokie trek….
LikeLike
Halloooo almal, ek’s hier!!! Lekkervurig, jy weet mos seker dat wetlik gesproke, alle goud wat opgespoor word die staat toeval. Dis NIE wat ons wil hê nie – hulle het jarelank ons belastinggeld ontvang en nog bygesteel. My voorstel is dat ons stilbly omtrent die goud en dit nog steeds verkoop. Ons kan nog steeds geld skenk vir die kinderfonds, maar ek stel voor ons martel die twee kroeks om saam te werk en dan split ons die goud se prys. Wat dink die res van die misdadigers?
LikeLike
Dan moet ons maar ons “restourasiewerk” voortsit. Het iemand nou al die watertenk by die stasie gaan ondersoek, en Wegkruipertjie, waar is sy….
LikeLiked by 1 person
Sy kruip weg, maar sy sal hier wees om haar deel te doen? Wie vermis ons nog – Christa, Seegogga en miskien Coetzee as hy nog gaan saanspeel.
LikeLike
Ja ek het en daar is ou water in. Wens ek kon die tenk na my huis in Bellville vat vir die wintersreeen. Hulle gaan ons nie vang nie.
LikeLiked by 2 people
Van watter kroeks praat jy nou Hester…. die Gupta onder daardie seiltjie ook? Skok!!! Sal nie kan slaap terwyl daardie man daar rondlê nie. Hopenlik kom die polisie en Valke…. spoedig hier aan.
LikeLiked by 1 person
Nee, ons los hom vir die Valke.
LikeLike
Ek stem hierdie goud bly in die familie – die misdaadfamilie.
LikeLiked by 1 person
Kan ons nou maar ‘n glasie klink of pypie rook op vrede…?
LikeLiked by 1 person
Sommer albei – totale misverstand. Diegene wat nie weet waarvan ons praat nie kan na my langerig kommentaar op einde van vorige hoofstuk gaan kyk.
LikeLiked by 1 person
🥂
LikeLiked by 1 person
Gesundheit
LikeLike
Ja, maar jy sal moet boet vir jou gekonkel. Eers ‘n pak slae, net sodat jy weet ons is ernstig en dan kan jy jou geldjies kry.
LikeLiked by 2 people
Hester?? het Athul jou omgeprat om hom deel te maak van die komplot? Ek neem aan jy praat van hom want ek het nie gekonkel nie. Nee Hester ons moet nou maar erken daar is skelms en skelms en ek dink ons moet hom maar gereeld van Lekkervurig se peper dieet gee.
LikeLiked by 1 person
Klink vir my na n goeie plan.
LikeLiked by 1 person
Uiteindelik is jy hier! Welkom
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLike
Ek het nou hardop gelag toe ek hoor daardie Guppy ek bedoel Gupta staan daar langs die pad met duim in lug. Vir oomblik hom met Gyppy vis verwar want hy het so gesweet dit het gelyk of sy kop in ‘n Goudvis bak was. As hy geweet het wat goed is vir hom het hy arms in die lug gestaan
LikeLiked by 2 people
Terloops ek wasook op pad na Toweropstal maar kon hom nie erken agter die sweet nie en maar verbygehou. Oppad na Toweropstal het ek sommer by Skimmelkrans verby gery. Waar is al die mense. Daar is jy Hester ek moet bieg ek het gewonder of jy hier gaan opdaag. Jy kan vir Toorts se as sy die peper by die huis vergeet vir haar disse is dit nie ‘n probleem nie. Lekkervurig het pepper spray vir ‘n vurige skaapboud
LikeLiked by 2 people
En as jy wonder waar ek is? In die kombuis, natuurlik.
LikeLike
Wat het jy by Skimmelkrans gedoen? Ek sê mos dames, ek vertrou nie die vrede met heer Abrie nie!
LikeLiked by 1 person
Julle skryf gevaarlike goed op openbare blogs! Sê nou verkeerde een lees hier? 😱
LikeLike
Ai Toortsie. Dit wat hier staan is encrypted. Hester het mos gese dit is so velig soos ‘n onbekermende elektrisiteitskabel en wie gaan dit nou waag om aan elektrisiteit te vat?
LikeLiked by 3 people
😱
LikeLike
Dan daag die tv mense, en joernaliste, en polisie en valke almal op by toweropstal…. en ons word oornag beroemd 😊
LikeLiked by 2 people
Oooo jenne! Ek moet terug huistoe. Begin pak vir ons see trippie. Gaan julle ok wees sonder my? Ek gaan nie my foon check tensy dit ‘n oproep is nie. Gaan julle mis hoor!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou harde werk Sonell. Vertrou jy ons om nou pad te gee…. wat maak ons met jou deel van die goud?
LikeLiked by 1 person
Nee heng! Ek kom weer terug. Haha! Of het julle al geduik? Tussen gister en vandag is ek maar so deurmekaar soos pizza in ‘n tuimeldroër…
LikeLiked by 1 person
Die polisie is oppad… ons hou party!!!
LikeLiked by 1 person
So dis veilig? Ek kan weer oë wys?
LikeLike
Absoluut veilig.
LikeLike
Hiers ek. Wat doen ons?
LikeLike
My opvangs is skraps… ek kan net hier en daar lees. Ek vlieg more terug. Wie sal my op die lughawe kan gaan haal, asb.
LikeLiked by 1 person
As die polieste vir Atul kom haal het, sal ek met graagte jou kom haal.
LikeLike
Nee ek ksn dit nie mis nie… en gaan nie solank wag nie… asb!!!
LikeLiked by 1 person
Lekkervurig ek is nou oor my depressie… my liggaam konnie soveel skokke na mekaar hanteer nie. Wou nog sê jy is voorwaar ‘n heldin…. om nou so ‘n gerugte misdadiger vrou alleen vastetrek… en nog geld ontvang om almal se skuld te betaal!!!
LikeLiked by 2 people
Man die ou mannetjie los mos werk vir ander om te doen – dit was verspot maklik. Ek reageer soms vinniger as wat ek dink…en skrik na die tyd. 😉
LikeLiked by 3 people
Lag ek nou vir jou!!!
LikeLiked by 1 person
Ek is by die lughawe – die ander pas vir Atul op. Ek lees nou sy broer Ajay is ook ‘n gesoekte. Daar is maar R50 000 losprys op hom. Ons het ‘n goeie ooreenkoms met die polieste se Valke en SARS beding.
LikeLiked by 1 person
Shit, ek is seker hy is saam my op die vlug…. staan asb gereed, ek hou hom dop…. kry gou n paar goed in plek, as jy bevestig dat dit hy is kan ons twee hom dalk OOK vastrek, hy het n groot wit hoed op en n groot bril. Ek sal naby hom bly. Kry vir ons n stof waarmee ons om kan inspuit en staan reg met n trollies! Ons kan geld maak!
LikeLike
Ek bring vir Sonell saam. Wegkruipertjie – maak gou, ons moet vir Ekmyselff gaan help.
LikeLiked by 1 person
Die koerante se nou Ajay is 10 dae gelede land uit, min weet hulle hy is IN die land en by ons klomp misdaadigers op die Toweropstal – Lekkervurig dit was PUIK werk, dankie vir julle hulp!
LikeLiked by 1 person
Wat kan ons alles op die spyskaart sit? Enige voorstelle?
LikeLiked by 1 person
Braai die tjops waaraan ons nie mag geraak het nie. Manne hou nie van slaai nie. ‘n Pot krummelpap en sous. Ja, ja ek weet dis nie Bantingkos nie!!!
LikeLike
Ek kan nie krummelpap maak nie, sal jy asb? Ek sal lekker sous maak met pepertjies in.
LikeLiked by 1 person
Natuurlik…. hoe lus kry ek nou daarvoor. Kannie wag vir die polisiebraai nie!!!
LikeLiked by 1 person
Julle moet liewer vir Atul laat afsak in die water…natuurlik sonder duikpak.Hy sal vinnig gryp na daardie Krugermunte, dan spaar dit ons die moeite.
LikeLiked by 2 people
🤣🤣🤣
LikeLike
Hierdie is ‘n UITSTEKENDE plan.
LikeLiked by 2 people
Oeg *gaap* ek het so lekker geslaap na al die geskommel daar in die melktrokkie. Ek gaan nou van Toortsie se ontbyt geniet. Mense, moenie my so skeef aankyk nie – daardie outjie wat die melktrokkie bestuur het is ons goudkoper, under cover, en ek het hom saam met my bed toe gevat om ‘n ogie oor hom te hou. Hy kan nie Afrikaans of Engels of enigeen van die official languages praat nie, so ons hoef nie bekommerd te wees dat hy inluister op ons gesprekke of enigiets gaan verklap nie. Toortsie kan maar voortgaan met haar polisiepaartie.
LikeLiked by 3 people
Oeps…saam met jou bed toe??
LikeLiked by 1 person
Wel, ek het hom aan my vasgemaak met handboeie.
LikeLiked by 1 person
Hygend!Hester!!
LikeLiked by 1 person
O itte Hester, hoop dit was hande bo die komberse. Jy gaan ons orga(nis)me weer die kluts laat kwytraak….
LikeLiked by 3 people
Skerp!
LikeLike
“Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;
al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;
hier galop ‘n goggatjie, daarso dans ‘n mier” sing ek terwyl ek vir Toortsie help ontbyt maak. Die Kaap is weer Hollands mense!!!
LikeLiked by 3 people
Wees gewaarsku! Hier is mense tussen ons wat ons nie kan vertrou nie. Ek is mos die kombuistannie en met nou vir die outjie onder die seiltjie ook kos aandra en is hy nou gesellig? Hy vertel vir my goed wat ons almal se hare sal laat rys. Maar ek vertel julle môre daarvan. Intussen, wees uiters versigtig! Dis al wat ek nou kan sê. 😱
LikeLike
Agge nee, ek dog hier is nou vrede, kyk hoe mooi sing Kameel dan….🤔
LikeLiked by 2 people
Wakker wees. Dis al wat ek nou kan sê.
LikeLike
Toortsie, ek wil ook met die kos help. Wat? Hoe?
LikeLike
Ek sal baie hande nodig hê, dankie. Dis baie mense wat kom. Ek hou daarvan dat mense sommer inisiatief neem. Jy kan sê wat jy sal maak. Dis slaaie. Die vleis moet gesout word, so dis nie te erg nie. Ek dink braaibroodjies ter wille van die Kapenaars en Kameel gaan vir ons krummelpap en sous maak. Wat gee ons vir poeding?
LikeLiked by 1 person
Sug…Dalk kondensmelk tert…☺☺
LikeLiked by 3 people
Ja asseblief!
LikeLike
Dalk moet ek dit effens aanpas. Sal bietjie kyk in my boeke. 😁
LikeLike
Toorts enige spesifieke musiek vir jou party? Of kan ons karaoke? Laat weet wat jy dink die beste kan wees? En het jy n tema om volgens te dress in gedagte?
LikeLiked by 2 people
Ek dink tronkdrag! En jy kan net kekker raseroge musiek speel. Musiek wat gees bou. En kareoke is ‘n wonderlike plan. Regtig! Ons is ‘n lekker span, maar hou tog maar julle oë en ore wawyd oop.
LikeLiked by 1 person
Ekmyself, ek kan jou wed Toorts gaan sê tronkklere!!!
LikeLike
Natuurlik! Hoe dan anders! Ekgaan juis nou my outfit uitsoek.
LikeLiked by 1 person
😄😄😄
LikeLike
Sal wegkruipertjie asb hier reageer? Ek het haar nodig. Op een of ander manier kry ek nou nie haar blogadres nie.
LikeLike
http://toortsie.com/2018/02/16/die-polisiepartie/
Disa waar ons nou verder skattejag hou en misdadigheid pleeg.
LikeLike
Ek het so tussendeur die gewerskaf uitgevind dat die Skimmelkrans stasie op munisipale grond is.Daar is mos ‘n lekker watertenk daar vir die winterreens wat in die Kaap gaan val. Ek het met my vriend by wie ek nou die dag gaan eet oppad hiernatoe, gepraat (hy is op die stadsraad en juis die grondsake komitee voorsitter) en dis heeltemal in die haak met hulle ek kan maar die tenk kry en hom per trein vervoer na my huis in Bellville. Anders gaan dit later net ‘n onkoste vir hulle wees as hulle dit moet verwyder. Die vervoerkoste is baie minder as die koste van so groot lekker tent. Ek gaan net ‘n paar sterk manne reel om die tenk op ‘n trein te laai. My blomme gaan in die Somer kan blom 🙂 🙂
LikeLike
Ek wonder oor jou beheptheid met die tenk….Toerinne stel ondersoek in
LikeLike