Na Perdebytjie met haar zoem-zoem die bye probleem by Toweropstal sorteer het, gooi sy wraggies die bal hier na my kant toe. Dinge vorder by Toweropstal, maar met rukke en stote. Daar is soveel los drade in ons perfekte misdaadplan. Ek sukkel om by te hou so van ver af.

Soos al die towerinne het ‘n mens se persoonlike lewe ook maar ‘n invloed op jou misdaadplanne. Ek verwonder my hoe Al Capone en diesulkes en die Guptas hulle diewery en boewery gepleeg kry met familie, siektes, gevoelens en so meer ook in die spel.

My Rots is geopereer en moet 12 weke in ‘n nekstut leef, daar is twee besighede om aan die gang te hou. Dankie tog vir Bab en Mielie en Wy – wat sal ek sonder die kinders maak? Rots het ons gister groot laat skrik, maar dankie tog die krisis was toe dat sy nekstut skeef vasgemaak was, en dit het sy nek vreeslik laat pyn… praat van ‘n vaal vaalentyn. Ag ja, en dan wil JZ nou ook nie mooi speel en ons land die beste Vaaltyn ooit gee nie. Rerig, bedank en vat jou houe, man.

Maar genoeg, ek het vanoggend vroeg in Polokwane weggetrek en sal vanaand laat by my Karoohuisie Great Expectations in Graaff-Reinet oorslaap. Dis ‘n lang skof, maar ek wil so gou ek kan by Toweropstal uitkom. As alles na plan verloop sal ek more so teen etenstyd daar wees. Hoop daar is van Toortsie se lekker kos oor.

Geheime boodskap aan al die towerinne: (Highlight) moenie dat Abrie en Storieklong die kry nie. Ek is lankal in George, saam met Hester. Ons vermoed al geruime tyd dat Abrie se storie van die skoorsteen en die kelder en die goud, ‘n storie is om ons die fokus van aandag te maak sodat hy en Storieklong by die ware ligging van die goud uit te kom.

Daarom is Hester kamtig Las Vegas toe, en ek het so lank uit die spel gebly. Ons hou sake fyn dop. So trots op die towerinne wat vir Storieklong bespeur het en hom die wyk laat neem het. Kyk hoe vinnig na Storieklong uitgevang is, het Abrie kamtig teruggedraai om te gaan herstrategeer.

Wat niemand weet nie, is dat Scrapy se drone  ge”hack” is. Hy het sonar  allerlei vermoëns wat van ver af beheer kan word. So het ons al vasgestel dat daar wel ‘n kelder is, maar daar is net ‘n klein kissie en ‘n geraamte te vinde. Is dit die moeite werd om die kelder binne te gaan – miskien is daar waardevolle inligting wat ons kan help om die goud op te spoor? Sê nou dit is Abrie se Oupagroot? Sê nou dit spook in die kelder? 

Danksy die Drone is ‘n geheime boodskap onderskep – ons vermoed dit is tussen Abrie en Storieklong.  Ons sal dringend dit  moet ontsyfer voor ons verder aan ‘n aksieplan kan dink. Help my dit ontsyfer voor ek en Hester en Rondomtalie en Christa by julle aansluit. Sorg asseblief dat julle almal daar is teen 12h00 more. Hou die opstal en die stasie en die grootpad met valkoë dop.  Sonell– gaan in sniper mode as dit moet. Wees versigtig.

ONTSYFER VOOR 12h00 15 Februarie 2018. (Miskien is JZ ook al weg…)

Hier is die nota wat ook ontsyfer moet word.

POLMT

WRV EILFNVMHV RH TVUOLFH. SFOOV YVHVU MRV LMH KOVVT WRV KVIUVPGV

NRHWZZW MRV

WRV TLFW RH YB HPRNNVOPIZMH HGZHRV RM WRV DZGVIGVMP.

DZT WZG SFOOV RM PVOWVI ZUHZP WZM OZZR LMH TLFW VM OZZG DZZR.

ZYIRV

(Jinne ek hoop die manne kan spel…)

Hierdie is reusagtig, en ek is onderweg en wendings en kinkels maak die lewe interessant. Sorg dat julle almal laat weet julle sal teenwoordig wees. Sal more as julle almal terugvoer gegee het, ‘n plan van aksie blog pos met ‘n genomineerde wat die saak verder moet voer.

Lekker kopkrap.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896