struis3Ek sit en wag vir my lorretjie om terug in Polokwane te arriveer. Toe spoeg en plak ek van Abrie tot Una se bydrae tot ons Misdaad met kommentare.

Dis op Word 28 bladsye en 12 462 woorde – blog plus kommentare.  Kan julle dit glo

Hier is die inskrywing en gesprekke tot nou toe – hoop dit help vir beplanning. Hester en Abrie as ek overstep – smyt hierdie maar uit.

Daar is baie rafels en ons word dopgehou. Net gedink strategiese dokument om ons almal op koers te hou sal help.

Ook: Kan ons sodra ‘n nuwe taak aangepak word, gesprekke op vroeëre inskrywings staak – anders gaan ons wragtig soos posduiwe al om ‘n gat wees – om en om. Of soos Volstront hierbo, met ons koppe innie sand….

Wederom

HIER VOLG DIE 12 462 woorde dusver:

DIE PERFEKTE MISDAAD

ABRIE

Die perfekte misdaad – mens kan aflei dat Hester ‘n positiewe mens is, haar glas is halfvol (met al die reën daar by haar is dit heeltemal vol), maar met respek Hester ek weet nie of hierdie misdaad perfek gaan wees nie. Solank ons net nie die daad heeltmal mis nie! Aangesien meesterskelms al ‘n aanduiding gegee het wat hulle wil aanvang moet ek eers hierdie disclaimer gee (wat is dit nou weer in Afrikaans, o ja vrywaring, wat my laat wonder of ons nog vry gaan wees na dese?). Natuurlik gaan ons, dit is mos Die perfekte misdaad. Ek wyk af; die vrywaring:

Ek voel die koue metaal van die rewolwer wat so gemaklik in my hand lê en wonder of ek dit nie alles vir myself moet hou nie, maar dan besef ek wie ek is, ‘n man met waardes – ‘n altruistiese skelm, ‘n blogger; nie ‘n bogger nie. My taak is bloot om die skoot te laat klap met die wegspring. Of die skelm skrywer-atlete daarna die pistool op mekaar rig is nie binne my beheer nie… Maar wees gewaarsku  Hester het riglyne gegee en ‘n kanon lê gemaklik in haar handpalm.

Ek vra sommer nou al verskoning oor die oortreding van 500 woorde – moes dit binne die geskiedkundige raamwerk skets.

EENDRAGT MAAKT MAGT

Die 1902 Kruger veldpond en die 1892 weergawe van die gemunte Krugerpond

Ek hoop ek het nou julle aandag. Vir agtergrond haal ek aan uit ‘n artikel: “Krugerponde was Suid-Afrika se eerste inheemse, kommersiële geldeenheid. Gemunte ponde, naakte ponde, ongemunte goud en muntplaatjies is inderhaas voor die val van Pretoria op 5 Junie 1900 uit die SA Munt en Nasionale Bank gehaal, op treintrokke gelaai en in die rigting van die Laeveld gestuur met Paul Kruger se trein, bekend as die regering-op-wiele. Gustav Preller, wat in 1900 ’n klerk in die Departement van Myne was, vertel het hoe hy opdrag ontvang het om wavragte goud uit die ou Munt in Pretoria te verwyder. Hy het in die middernagtelike ure ‘n wa tussen die Nasionale Bank-gebou, die Paleis van Justisie en die Munt getrek en vragte goud gelaai terwyl genl Jan Smuts toesig gehou het.  Hy moes die goud na die ouditeur-generaal by Pretoria-stasie neem waar dit op die presidensiële trein gelaai is. Die trein het Pretoria vroegoggend verlaat en Machadodorp in die namiddag bereik”Einde van aanhaling.  Vir meer inligting oor die Krugermiljoene kan julle verder lees by hierdie blog  waaruit ek aangehaal het.

Die goud is op ‘n stadium weggesteek om dit uit die Britte se hande te hou. Aangesien die Krugermiljoene nog nie gevind is nie wil academici deesdae beweer dat die goud opgebruik is om te betaal vir die oorlog. Maar dit is omdat daar heeltyd op die verkeerde plek gesoek is. Genl PJ (Piet) Joubert, ‘n raadgewer van President Kruger, was die broer van my oupagrootjie JP Joubert. Sien hier die sertifikaat wat my oupagrootjie ontvang het ter nagedagtenis aan die oorlog en lees in Thermopylae meer daaroor.

Aangesien ek die eer aangedoen is om hierdie verhaal af te skop deel ek nou met julle (en net met julle) dat die besluit na die vredesluiting (met Paul Kruger land uit) onder die leierskap van Genl Piet Joubert opgegrawe is en uit die Laeveld verwyder, juis om fortuinsoekers te fnuik. Dit is vervoer na sy broer (my oupagrootjie) se plaas (die plaas Toweropstal sien Scene of the crime) en daar weggesteek met die doel om later weer ‘n rebellie teen die Britse regering te befonds. Die geleentheid het hom nooit voorgedoen nie.My Oupagrootjie het ongelukkig agteruit geboer toe hy alzeimers gekry het en die plaas is oorgekoop deur ‘n Engelse lord (wat nie van die versteekte goud geweet het nie). Teen daardie tyd was sy broer Genl. Joubert reeds oorlede. Almal wat daarvan geweet het is mettertyd oorlede maar op sy sterfbed het my Oupagrootjie ‘n helder oomblik gehad en dit aan my oupa oorvertel. Let nou mooi op wat hy o.a. vertel het: “Vandag is daar nog net ‘n murasie van Toweropstal oor, maar die dik sterk skoorsteen staan nog. Wavragte goud is in ‘n kelder onder dié skoorsteen versteek.   ‘n Skag 30 voet diep lei na die kelder. Die ingang bo by die skoorsteen is geseël met ‘n sementblad dikker as ‘n voet en onder dit is ‘n metaaldeksel oor die skag geplaas wat destyds met kettings gesluit is. Daar is ‘n groot moontlikheid dat die kelder onder water is”. Einde van aanhaling

Aangesien ek daar was kon ek sien dat ‘n swetterjoel perdebye in die skoorsteen nes gemaak het en dat daar ‘n byekorf heel bo in die skoorsteen is (wat my weens my dodelike allergie vir die insekte laat wegdeins het). Toweropstal moet jy uit die regte hoek beloer anders verneuk hy jou. Toegang (na die murasie) is redelik maklik. Dit is sowat 250m wes van die teerpad tussen Heroldsbaai en George Lughawe geleë en sowat 2km vanaf die lughawe (en dus net ‘n paar kilometer vanaf George). Boonop is dit slegs omtrent 500m vanaf die naaste stasie Skimmelkrans. Hierdie muntstukke is baie meer werd as die goud waarop hulle gemunt is. Daar kan dus ‘n besluit geneem word of al die goud die teiken is of van die munstukke selektief die teiken is.  In totaal praat ons van ‘n paar ton se goud.

Benodighede

Industriële hoekslyper (angle grinder) met skywe (discs) vir sement en yster  – om die sement, kettings en metaaldeksel te verwyder.

Industriële drukboor (pressure driller) vir opbreek van sementblad

‘n Kragopwekker vir 1 & 2

Toue en katrolle om in die skag af te gaan en om die goud in kratte na oppervlak te bring

Sterk waterdigte flitse

Rookmasjien soos wat byeboere gebruik (of Una op haar dans parties) vir verwildering van Perdebytjie se vriende.

Handskoene vir almal (behalwe die geslepe skelms sonder vingerafdrukke soos Toortsie)

Duikgereedskap ingeval kelder vol water is.

Vragmotor vir die vervoer van goud

Alternatiewe wegsteek/verspreidingspunt.

Uit die aard van die saak gaan niks verkeerd loop nie maar miskien het ons ‘n regspan nodig van die kaliber in Scene of the crime…

Ons sal ‘n iemand (verkieslik meer as een skelm) benodig met duikondervinding in geval die kelder vol water is. Maar eers moet ons daar kom. Ons het skelms met spiere en ondervinding nodig om 1 tot 4 uit te voer. Die toerusting sal alles op George gehuur kan word (verkieslik by verskillende plekke). Ons het mense nodig wat kan orgainseer, nerves of steel, wat kan improviseer sou iets verkeerd loop met die plan (wat nog nie bestaan nie). Ek twyfel nie vir een oomblik dat ons nie genoeg vaardighede en kreatiewe skelm breinkrag tussen ons het nie nie.

Na ek diep nagedink het ek besluit om die een wat my nomineer het, eerste te nomineer. Hester jou glas is vol, doen vir ons ‘n belanning van hoe dinge moet verloop asb.

Hieronder is Gé kortsen met ‘n snit uit die film Krugermiljoene wat in my geboortejaar 1967

Toortsie sê: 4 Feb 2018 om 9:53 nm !

Abrie Joubert sê: 5 Feb 2018 om 7:56 vm Jy moet daar bu Kameel gaan uitroep, m.a.w. op joi eie webruimte !!! 😉

Toortsie sê: 5 Feb 2018 om 8:14 vm  O né? 😱

travel460 sê: 5 Feb 2018 om 1:46 vm Abrie, hierdie ‘platform’ waarop ONS nou, en vir die volgende tydperk, op gaan kommunikeer…dis ń heeltemal “secure line”? Ek neem aan Hester het beheer daarvan oorgeneem met al haar I.T. talente?

Abrie Joubert sê: 5 Feb 2018 om 6:01 vm Dit is hole m ons ‘n regsspan ook nodig het, vir ingeval dit nie ‘n secure line is nie. Ek is net bang die “professiionele” Krugermiljoen soekers lees hier en gaan haal die goud daar uit voordat ons kan.

travel460 sê: 5 Feb 2018 om 6:14 vm Ek wil soos Anne Hecke van die reeks Brave wees! Gaan vir my ń blonde pruik aanskaf en haar houding in die spieël oefen… Ek weet sy veg aan die regte kant, maar ń vrou mag maar droom. My kleinseuns het ‘gunne’, baie. En swaarde. Ek dink ek wil deel van ons sekuriteitsspan wees, so ń blonde ouma met ń groot geweer…😎😎😎

Abrie Joubert sê: 5 Feb 2018 om 6:28 vm Jou glas is vol Una jou glas is vol. Wat vsn blonde ouma met duikpak en as jy fne kan duik nie dan ‘n fnuikpak. Ek het nou wel die eerste “hoofstuk” msar ons hoef nie ondself te wees nie of ons kam vir onsself talente bylieg – dit is mos ‘n storie!

HesterLeyNel sê: 5 Feb 2018 om 7:12 vm

Haha, ek sien al hoe dryf die blonde pruik bo die water rond terwyl die ouma in die modder ronvroetel vir die goud.

travel460 sê:5 Feb 2018 om 7:27 vm Ek stem saam. Dis ONS storie, hier op ONS blogland.

Abrie Joubert sê:5 Feb 2018 om 7:53 vm

En daar is baie onse in ons Krugerpond

HesterLeyNel sê: 5 Feb 2018 om 7:09 vm Wow! Dis nou ‘n … wow! wegspring. Toortsie is klaar sonder woorde geskrik. Krugerponde nogal. Ja, Abrie, jy’s reg, ons sal vir onsself heelwat talente moet bylieg. Hoekom het ek geweet ek gaan eerste aan die beurt wees om hierdie tameletjie te roer?

Abrie Joubert sê: 5 Feb 2018 om 7:51 vm Toortsie het haar vingerafdrukke weggeskrik. Js Krugerponde maar ons het mos baie onse in ons pond

Kameel sê: 5 Feb 2018 om 9:22 vm Ek lag kliphard hier vir al julle sêgoed….. en uitroepteken 😀😀😀😀😀 Welgedaan Abrie, ek gaan heerlik lees. Met my dronkkop en rigtingbeduiwelgeit kan julle my onmoontlik vertrou om deel te wees van die komplot. Ek het in spanning gewag hiervoor!!!

Abrie Joubert sê: 5 Feb 2018 om 9:53 vm Kameel in hierdie storie het jy nie ‘n dronkkop nie (behalwe miskien a.g.v. te veel sjampanje na die perfekte misdaar voltooi is) en is natuurlike en magnetiese Noord in jou berin ingebou. Waar ons tekorte het lieg ons dit weg. Dit is mos ‘n storie.

Kameel sê: 5 Feb 2018 om 9:59 vm Sjoe…..dan kan ek ‘n beeldskone meisie in die storie wees…. met ‘n natuurlike magnetiese Noord 😊

Abrie Joubert sê: 5 Feb 2018 om 10:13 vm Maar jy is mos ‘n beeldskone meisie

Kameel sê: 5 Feb 2018 om 11:17 vm 😗 hoe kan ek dit nou vergeet het!!!

HesterLeyNel sê: 5 Feb 2018 om 12:17 nm Ekskuus? Jy dink die plan uit, betrek vir my en Toortsie en wil dan terugsit en toeskouer speel? I. Do. Not. Think. So.

Kameel sê: 5 Feb 2018 om 1:05 nm Ek dog ek kan net die regisseur wees??? 😕 Ek sal die grinder gaan huur… het planne met hom!!!

Abrie Joubert sê: 5 Feb 2018 om 1:23 nm Ek wou nou beweer dat Kameel dubbele standaarde het maar daai grinder maak my bekommerd…

HesterLeyNel sê: 5 Feb 2018 om 1:25 nm Jip, daar’s nog ‘n vrou wat hou van power tools.

Abrie Joubert sê: 5 Feb 2018 om 2:02 nm Dis reg Hester ons moet Kameel dissiplineer, hierdie is die klassieke verhaal in wording, Die perfekte misdaad, nie Mutiny on the Bounty nie

HesterLeyNel sê: 5 Feb 2018 om 2:03 nm Net so!

Kameel sê: 5 Feb 2018 om 7:27 nm Mutiny?…. nope…..julle kan maar rustig slaap.

lekkervurig sê: 5 Feb 2018 om 9:32 vm Ek lief dat planne bymekaarkom, ek het nogal gewonner of julle ook lees hoe meesterbrein Abrie die waenhuisdeur vir planne wyd ooplaat. Una ek het jou ook innie duikpak gesien, net nie die blonde pruik nie….hehe.

Abrie Joubert sê:5 Feb 2018 om 1:21 nm Ek sien jou met die sigaar in die mond beklee met die goud van ons handwerk. ‘I love it when a plan comes together. Moet nou net jou met al die goud beklee nie…

lekkervurig sê: 5 Feb 2018 om 1:30 nm Nee, Abrie – Nie Hannibal nie, eerder die malletjie! Hou nie van baie goud nie, eerder geskiedenis….

rondomtaliedraai sê: 5 Feb 2018 om 7:22 nm Hehehehehe you go Boykie en vir Hester You go girl!

Abrie Joubert sê: 5 Feb 2018 om 7:29 nm Seldfe geld vit jou Tina 🙂

wegkruipertjie sê: 6 Feb 2018 om 11:00 vm Oeg agter-os kom ook in die kraal. Waar kan ek help? Wat kan ek doen? Ek wil duik, powertools bedryf, planne maak, misdade pleeg en sommer die regsspan ook wees. Hierdie klink vir my asof ons dan ook sommer almal saam kan weggaan na daai eiland toe van lank terug se challenge

Abrie Joubert sê:6 Feb 2018 om 4:50 nm En daar het jy ‘n potensiele wegkruipplek vir ons. Dit klink vir my met meesterskelms aan boord soos jy gaan dinge vinnig gebeur. Dinge nou in Hester se hand emaar sy lees in elk geval al die kommentare

lekkervurig sê: 7 Feb 2018 om 8:23 vm Ek het die laaste paar dae oor die misdadigheid in wording van Blogland nagedink. Wat as Abrie, synde nasaat van die oorspronlike eienaar, ‘n grondeis instel en vreeslik daaroor tekere gaan – ons kan mos met ons duikpakke en powertools toi-toi ook. Dis mos hoe die huidiige politieks ons aandag van die werklike gebeure aftrek. Ons volg mos net die voorbeeld wat ons gestel word. Terwyl Abrie die grond eis- kom Una en koop die huidige eienaar om sodat die opstal in ‘n Bali winkel omskep word. Onder die dekmantel van restourasie kan ons misdaad dan uitgevoer word, want wie op dees aarde wil die Krugermiljoene vir die regering van die dag sal wil gee? As ons klaar geroof het, laat ons die winkel onklaar staan, dis mos hoe dit gedoen word…en dan tree Wegkruipertjie se eilandplan in werking….;)

Abrie Joubert sê: 7 Feb 2018 om 11:17 nm Jy is duidellik ‘n strateeg!! ons moet oppas vir Hester. Ek dink ek gaan vir Genl Piet Joubert moet laat herleef om haar op te pas

lekkervurig sê: 8 Feb 2018 om 5:02 vm 😉 (knipoog)

christa in thailand sê: 7 Feb 2018 om 4:16 nm My CV: Ek wou nog altyd in ‘n vreeslike jagery betrokke wees met ‘n fênsie kar! En ek kan sweis, (regtig egtig) so power tools is ook OK. Ek hou net nie baie van duik nie. Maar ek is ‘n gladdebek. En goed met vermomming en kostuums …

Abrie Joubert sê: 7 Feb 2018 om 11:15 nm Sal spesiaal vir jou eenmaal in ‘n blog paar fensie karre insluit wat ek verlede Donderdg afgeneem het (Ferraris). Ek hoop jy het hierdie gelees want dit gaan juis oor ‘n gejagery https://abriejoubert.wordpress.com/2017/12/19/i-believe-i-can-fly/

Tannie Frannie sê: 7 Feb 2018 om 8:36 nm Umm – ek’s nie goed met spertye nie, dus gaan ek hierdie ene uitsit. Maar ek hou julle dop, gehoor!

Abrie Joubert sê: 7 Feb 2018 om 11:09 nm Dis reg tannie moet veral vir Hester dophou!!

Tannie Frannie sê: 8 Feb 2018 om 6:43 vm Sal beslis so maak – vermoed Hester is besig met die grootste bedrogspul van alle tye!

scrapydo2.wordpress.com sê: 8 Feb 2018 om 12:19 vm Nou werk my brein oortyd. Ek het eers Kameel se stuk gelees en moes nou net eers die horlosie bietjie terugdraai en uitvind hoe die drame ontvou. Ek “like” die opset van die Kruger rande. Is mos getroud gewees met n Kruger wat op sy dag nogal gesoek het na die Kruger Rande. Hier is nou n geleentheid vir my om die familie se naam skoon te kry of dan om dalkies n paar munte uit die saak te maak. Gaan nou eers gou Hester s’n ook lees voordat ek my deel kan gaan oopkrap daar.

Hester

Wie het gesê misdaad betaal nie? Ons gaan die teenoorgestelde bewys en super misdadigers word. Dankie Abrie dat jy die uitdaging afgeskop en ons bewus gemaak het van die moontlikhede wat Toweropstal vir ons kan inhou. Die inligting wat jy aan ons verskaf het met betrekking tot die ligging en die toerusting wat ons gaan benodig, was van groot waarde. Dit maak die beplanning van die daad net baie makliker. Ek wil net gou ‘n paar woorde sê oor sake van algemene belang:

Abrie jou sogenaamde vrywaring “My taak is bloot om die skoot te laat klap met die wegspring”, is nie die blog werd waarop jy dit geskryf het nie. Die deler is so goed soos die steler. In regstaal, is dit jou intensies waarmee jy opgestree het wat die deurslag gee.

Una, hierdie bloglyn wat ons gebruik vir kommunikasie is so veilig soos ‘n oop elektriese kragprop.

Ek dink nie ons moet noual dink aan die moontlikhede van ‘n regsspan wat gehuur moet word nie. Ons is nie van plan om te misluk nie en buitendien, hoe sal ons weet wie aangestel moet word voordat ons weet wat die klag teen ons is? Julle het gehoor Sonell het al klaar uitgevra oor ‘n moord wat per ongeluk plaasgevind het.

Hierdie is nie ‘n taak vir net een dag (of nag) nie. Dit kan moontlik ‘n paar dae neem. Ons moet ‘n teenwoordigheid vestig by Toweropstal sodat die mense rondom gewoond raak aan beweging op die perseel. Ek dink ons moet ‘n klompie hoenders aanskaf en ‘n kommunale eierboerdery daar aan die gang kry – ons weet mos alles van ‘n eierlêery af. Alle misdadigers moet solank begin reisreëlings tref en voor die lewering van die State of the Nation adres reeds op die perseel wees om te help met die boerdery.

Ons gaan geld nodig hê om die plan in werking te stel. Ons moet immers betaal vir toerusting wat gehuur moet word, reiskoste, verblyfkoste vir ‘n paar dae (kos en dop) en so aan. Ek het bereken dat ons sowat R500, 000 kapitale uitleg sal moet doen. Alle misdadigers moet aan hierdie taak (Taak 1) deelneem: betaal asseblief alles wat julle kan in my persoonlike bankrekening in (ek inboks vir julle die besonderhede). Ek gaan net vir ‘n paar dae Las Vegas toe vir besigheid en sal alle rekeninge kom betaal wanneer ek terugkom.

Taak 2: Huur of koop solank alles wat ons nodig het op skuld – toerusting, kos, dop en so aan. Onthou die hoenders en kry die boerdery aan die gang. Maak die blyplek leefbaar. Ons moet immers ‘n rukkie daar bly en ons wil dit doen in gerief. Belangrik – dryf die spoke uit.

Taak 3: Beplan ‘n aantal paarties. Daar moet deurnag klipharde musiek speel sodat niemand die klank van die kraggereedskap kan hoor nie.

Taak 4: Kry ‘n sekuriteitspan bymekaar om die omtrek te patrolleer. As iemand opdaag om saam te kom paartie, stel hulle buite aksie of hou hulle besig op ‘n ander manier.

Taak 5: Verwyder die sementblad aan die bokant van die skoorsteen en rook die bye uit. Raak ook sommer ontslae van slange en spinnekoppe.

Taak 6: Verwyder die metaaldeksel met kettings bo die skag. Stel die toue en katrolle op om die goud op te trek. Ek is nie seker wat ‘n krat goud weeg nie (huh, Abrie?). Dalk moet ons liewer ‘n hyskraan gaan steelhuur. Werk slegs in die nag wanneer die musiek speel.

Taak 7: Kry die duikers bymekaar om af te sak in die skag en ‘n opname te maak van die inhoud van die kelder. Ons gaan alles vat wat lyk of ruik soos goud en ons moet weet wat daar is om ons finale planne in werking kan stel.

Taak 8: Hys die kratte met goud op uit die skag en pak die goud in die vragmotor. Die vrag moet voor daglig reeds vertrek na Port Elizabeth hawe toe waar dit voorlopig in ‘n houer pakhuis (container warehouse) gestoor moet word totdat ons besluit aan watter buitelandse koper dit gelewer moet word. Dis beter dat die goud landuit gaan.

Taak 9: Maak die opstal skoon, verwyder alle vingerafdrukke en DNA-getuienis. Verbloem die skag onder die skoorsteen en maak ‘n plan met die hoenders. Een laaste groot paartie met harde musiek en gebraaide hoenders sal dien as oëverblindery totdat die vragmotor met die goud veilig op pad is.

Taak 10: Alle bloggers – gaan huis toe en wag vir my om julle geld in julle bankrekenings in te betaal.

Het ek iets vergeet? Ag dan was dit dalk net nie belangrik nie. Hierdie is net riglyne en in nood moet die plan aangepas word. Onthou, as julle iewers probleme het of foute begaan, rapporteer dit asseblief sodat ‘n volgende blogger die fout kan probeer regstel.

Siende dat Kameel hierdie hele storie begin het, gaan ek haar “tag” om Taak 2 uit te voer. Drink ‘n glasie op ons sukses!

Naskrif: Ons bloggers op die lys wat ek dink reeds gesê het hulle gaan deelneem is Abrie, Hester, Kameel, Toortsie, Sonell, Lekkervurig, Woestynkind, Una, Perdebytjie, Wegkruipertjie, Scrapy, Christa. Het ek iemand uitgelaat? Ons het wel net 10 take as ‘n riglyn, maar baie dinge kan verkeerd loop met die plan en nog take kan bygevoeg word. Hoe meer siele, hoe meer vreugde. Laat weet asseblief of nog iemand belangstel. Die blogs hoef nie ‘n bepaalde lengte te wees nie (ek en Abrie het baie te sê gehad), so moenie julleself te veel beperk nie.

Rob Alberts: Ik ben gek op worteltjes. Als kind at ik dan stiekem worteltjes uit de moestuin van de buren. Gelukkig is het daarbij gebleven.Een misdadiger ben ik niet geworden ….Eerlijke groet,

HesterLeyNel:  Haha, Rob, ons het ook in die ou dae vrugte gesteel en gedink dis groot pret. Deesdae sal dit waarskynlik beskou word as misdaad.

Kameel:Hester!!!!! dis briljant…. MAAR kan ons jou vertrou? Las Vegas sê jy?

HesterLeyNel : Nou hoe meen dan jy nou? Natuurlik kan my vertrou om te doen wat die beste is vir die goeie saak 😇

travel460 :Probeerslag nommer 3! Moontlik moet ek nou eers weer my blonde hare opsy skuif, dalk help dit met my kommentaar wat bly verdwyn! Hoenders, dit kan uitgesorteer wees. Skoonseun is met my baba getroud, hy het ñ hoender-afval maatskappy, en indien nodig, kan ek bietjie afpers. Familie. Ek het “leverage”, indien nodig. Die hoendertjies is mos nou lewend voor hulle afval word. Op skuld, afgelewer. Met wie moet ek reël?

Las Vegas…Kameel, ek het, soos dit nou nodig blyk te wees, ñ boby-builder neef wat as sekuriteitswag daar werk. Dit is nou om onse Hestertjie en DIE BANKREKENING op te pas. Sy is dan nou so onbaatsugtig om haar eie-eie rekening bloot te stel. Vir volk en vaderland doen ons enige-iet!

HesterLeyNel : Oukei!! Yes! Kameel is verantwoordelik vir die hoenders. Laat weet haar. O, gaan ek nou my eie lyfwag hê? Maak net seker hy het ‘n LYF, iets wat sag is op die oog. Ek en hy sal mooi kyk na die bankrekeninkie 😄

travel460: Deal. Mmmm, hy is familie ja, maar hoe hy lyk… Sy LYF sal goed wees, dis belangrik. Nou moet jy my eers verduidelik. Ek neem aan en was veronderstel om eerder by Kameel te gaan kommentaar lewer, of hoe nou?

HesterLeyNel: Nee, sy moet nog eers haar blog skryf. Praat solank met haar hier in my kommentaar – sy lees dit ook.

travel460: Ek dink ek moet vir myself ń diagram op papier kry!!! Hierdie gaan kop-hou vereis. Wie wat waar doen en belowe. Ons pruik, Kameel. Hy moet saans in die wit sta-soft gelê word. Dis wat die gawe dame op die hoek gesê het, sy weet blykbaar…

HesterLeyNel: Ek het nou amper gevra hoekom wit? Dit was ‘n blonde oomblik.

travel460: Body-builder… Ag wat, boby-builder kan seker ook werk?

Kameel: Dankie Una het die pruik ontvang, en ja asseblief reël vir daardie hoenders om so gou moontlik by toweropstal afgelewer te word. Hulle kom nie miskien saam met hokke nie? Ek sal baie vinnig hokke in die hande moet kry. Wat daardie body builder aan betref…. goud het al menige monde stilgemaak.

HesterLeyNel: So wraggies, en nou begin jy al ons goud uitdeel! Of meen jy nou … hyg … dat ek vir hom van ons goud sal gee?

Wegkruipertjie: Waarvoor betaal julle die bodybuilder goud? Nee ek het nou die plot verloor, ek dog ons doen ‘n misdaadstorie, nou raak dit alweer ‘n hygroman??

Kameel: Dis Hester wat wil verdwyn Las Vegas toe… dit terwyl ons die harde werk verrig. Sy het net die orders gegee. Una het ‘n body builder familielid wat Hester sal dophou dat sy nie met ons geld verdwyn nie. Nou lyk dit my Hester wil die mannetjie met goud omkoop. Die plot raak al meer gekompliseerd.

Wegkruipertjie: En sy wil verdwyn met die geld in haar bankrekening? Ek dink hier is ‘n Gupta in ons midde

Kameel: Ek voel ook nie gerus nie. Is ook nie so seker van Una se body builder neef wat Hester moet dophou nie. Una en Hester?

HesterLeyNel: Raaitie ou, nou is daar twee van ons onder verdenking (drie as jy die lyfwag bytel).

HesterLeyNel: Dobbel hulle ook in Las Vegas?

Wegkruipertjie: Hulle doen ja, maar tussen die klomp b(l)ggers dink ek jy dobbel met jou lewe om soontoe te verdwyn

HesterLeyNel: Haha, lyk my so

HesterLeyNel: Ek gaan Las Vegas toe vir besigheid! Ek moet ‘n koper gaan soek vir ons goud. Tsk. Ek voel seergemaak.

Kameel:Ons sal vir die einde van hierdie storie moet wag om te sien hoe betroubaar jy is. 😊

HesterLeyNel: Ja 😄 Dis oukei ek gaan eers na die afhandeling van die misdaad Suid-Amerika toe emigreer. Trust me.

Kameel: 😀😀😀😀😀 Ek het aan Italië gedink. Wil ook vir my ‘n villa kry soos die ryk mense. Het die mafia nie sy oorsprong daar gehad nie 😯

HesterLeyNel :Jip, maar jy moet dink aan ‘n land wat nie ‘n uitleweringsooreenkoms met Suid-Afrika het nie. Om geld of goud die land uit te smokkel sal die Reserwebank baie kwaad maak. Die kabinet ook – hulle hou nie van kompetisie nie.

Kameel: 😀😀😀 Columbia hier kom ek!!!

HesterLeyNel: Daasy!

HesterLeyNel: Nou sien jy nou? Dit alles omdat die mede-misdadigers my nie vertrou nie.

travel460: Waar. Geld wat stom is…

travel460: Hokke…? No problem. Hy moet ń plan maak vir sy skoonma. Of…

Kameel: Dankie, nou kan pruik, hoenders en hokke van my lysie aftik.

HesterLeyNel: Die pruik en die hoenderhokke? Ek dog Una gaan duik met haar blonde pruik?

Abrie Joubert: Hester, Hester, die Las Vegas storie maak my bekommerd (oor jou veiligheidd in die vreemde) maar gelukkig is Una so onselfsugtig om jou te help met ‘n boby builder. Ag ek bedoel ‘n lyfwag wat soos Bobby van Jaarsveld lyk (wat my effens bekommerd maak oor Hester se man mar gelukkig is Kameel gereed om ‘n boodskap met ‘n grinder te gaan oordra indien nodig

HesterLeyNel: Bobby van Jaarsveld. Daai outjie van Una se wêreld af? Eish, nou voel ek bietjie … afgehaal.

travel460: Hester, nee. Dis glad nie ek wat begin praat het van duik nie, dis Abrie se gedagte! Of Kameel, of joune. Ek snorkel net, gn niks dieper as dit nie.

Abrie Joubert: Dankir dat jy aangebied het om te duik.

HesterLeyNel: Kinders! Speel mooi met mekaar. Geen argumente nie!

travel460 🐳🤔🤔🤔😁

HesterLeyNel: Die persoon in beheer van die duikers sal moet aandag gee hier!

travel460: Wie. Waar. Wanneer…!!!???$$$$$

HesterLeyNel Taak 7

travel460:; Ek dog nou net ek het iets verder gemis…

wegkruipertjie: Hester ek wil ook deelneem asb

HesterLeyNel: Jy, dis jy wat weggekruip het sodat ek jou nie kan raaksien nie nie. Verskoning. Ek gaan gou regmaak op my blog.

Wegkruipertjie: Dankie ek sien ek het myself nou ontbloot as ‘n deelnemer op jou blog

HesterLeyNel: Nog ‘n ekshibisionis. Wat is dit met jou en Una vandag?

Wegkruipertjie LOL

Kameel: Nee Hester ek glo jy is doodonskuldig…. hoe sal jy nou ons goud vir ‘n body builder wil gee. Hoekom bly daardie grinder in my gedagtes opkom? O ja…. ek dink scrapy wil ook deelneem.

HesterLeyNel : Ek sal haar naam gaan opsit, dankie

Kameel : Christa van thailand het ook haar naam opgesit.

HesterLeyNel O dankie. Ek gaan haar opsit.

Lekkervurig: Ek sal in plaas van geld vir ons mobiele braai en hout en driepootpotte vir kooksels verskaf. Los ook huur/herbesitneem van lorretjie(ons genruik sommer my Lekkerbraai enetjie), ook sal ek die gereedskapkis met skroewedraaiers, boute, moere en hamers en ook ‘n grinder saambring – hoop dit help Kameel. O,ja, ek sal ook hier by ons Wegsteekslaghuis vir ons boerewors en hamburger frikadelle bestel. Een van die aande kan ons maar ‘n Amerikaanse hamburger partiekie reël om Hester se tog LA toe te gedenk en die rookskerm vol te hou terwyl ons vir goud soek…

HesterLeyNel: Haha, wow! Daar is ‘n offer wat sin maak, Kameel.

Toortsie: Ek sal my man omkoop dat hy vir ons ‘n skaap skag om op jou braai te braai.

Lekkervurig: Dan Bant ons sommer, onthou om die resepteboeke in te pak.

Toortsie: Goeie plan!

Perdebytjie: Ek voel net geweldig omgekrap dat julle my familielede uit die skoorsteen wil uitrook! Hulle kan mos ingespan word om vyandige wesens daar weg te hou en vir bietjie soet heuning op die roosterkoeke, wat ons gaan gaarmaak vir een van die vele paarties!

HesterLeyNel: Maak perdebye heuning? 😳 Nou maar dan moet Kameel jou “tag” sodat jy die bye gaan oplei om deel te wees van die sekuriteitspan, maar dalk kan jy hulle tog maar oorreed om tydelik ‘n blyplekkie buite die skoorsteen te kry.

Perdebytjie: Nee, ons maak nie heuning nie, maar die bye is deel van my agterlike familie, wat soms opduik, net wanneer hulle iets wil hê. Maar soos hulle sê: bloed is dikker as water oftewel die angelbende moet saamstaan, al is ‘n klomp van hulle regte skarminkels. Ons kan dié spul lekker gebruik om die misdaad uit te voer.

HesterLeyNel: Solank hulle koppe, ek bedoel hulle angels, net nie uithaak en die verkeerde mense begin raps nie.

Perdebytjie: Met Kameel se stilettos en perdebyrapse, kan hierdie storie baie interessant raak!

HesterLeyNel: Stilettos? Seker om te pas by die pruik. Sy gaan ‘n sexy hoenderboer wees, dis nou maar seker.

Abrie Joubert: Ek neem aan jy is ‘n perd, by en perdeby whisperer

Perdebytjie: Beslis, maar dit werk nie altyd nie…perdebye het my nou die dag gesteek…vrek seer gewees hoor!

Lekkervurig: Ek stel voor dat Perdybytjie vir Taak 5 getag word. Sy is ons ongedierte”Whisperer” Blogger van Taak 4 neem kennis….Taak 5: Verwyder die sementblad aan die bokant van die skoorsteen en rook die bye uit. Raak ook sommer ontslae van slange en spinnekoppe.

HesterLeyNel: Goeie idee – ons moet Taak 4 se blogger herinner wanneer ons daar kom.

Perdebytjie: Ek is reg vir die takie!

Rondomtaliedraai: Mmmmm ek sal Vrydag die slangsituasie aanspreek … onthou ek is nie goedkoop nie!

HesterLeyNel: Is dit ‘n aanbod van hulp? Dis goeie nuus, maar gaan jy die misdaad enduit saampleeg of tree jy net op as konsultant? Die ou klomp is so suinig, hulle wil my nie eens toelaat om my besigheid te gaan klaar doen in Las Vegas nie.

Toortsie: Sjoe! Ek wou nog aanbied dat ons ‘n voorafbeplannings week hou en almal in ons gastehuis op die plaas kom bly waar niemand onraad sal merk nie. Hester, jy is ‘n planmaker duisend, ek wonder net of ons op die ou end ons deel gaan kry? Huh?

HesterLeyNel: Ag nee Toortsie, nie jy ook nie! Julle breek my hart 💔

Toortsie: Hoe dan nou? Ek verstaan hiersie verpletterde hart nou glad nie.

HesterLeyNel: Niemand vertrou my om die geldsake te hanteer nie. Almal dink ek hardloop weg Las Vegas toe met hulle geld in my bankrekening.

Toortsie: Ja, maar mens kan nooit te gerus wees nie! 😱

HesterLeyNel: Is waat. Die ou wêreld is boos!

Toortsie: Ja, né

Toortsie: Hoekom wil jy die goud verkoop? Ons gaan dit seker gelykop verdeel?

HesterLeyNel : On nee!! As almal begin goud verkoop om geld te kry, gaan iemand snuf in die neus kry. Liewer die die geld. Haha, ek het so pas voor my geestesoog gesien hoe ry ek met die goud in my klein karretjie KZN toe en bêre die goud onder my bed.

Toortsie: Ek dink in elk geval die veiligste sal wees om dit so gou as moontlik te spandeer, dan kan niemand dit steel nie.

HesterLeyNel: As ons almal begin spandeer gaan iemand suspisieus raak oor die klomp bloggers wat so skielik begin geld rondgooi.

Toortsie: Ons moet dit net nie uitblaker op ons blogs nie!

HesterLeyNel: Nee, die blogs is okei, maar moet dit nie wys op jou belastingopgawe nie!

Toortsie: O nee! Ons moet dit net nêrens in bankrekenings inbetaal nie. Eerder maar onder die kooi bêre.

Kameel: Ek wou jou nog vra wat is jou adres in KZN. WIl op die earth app jou tuiste gaan bekyk 😊

HesterLeyNel: Ek woon diep in die bos!

Abrie Joubert: Hierdie is absoluut merkwaardig en de kommentare 🙂 🙂 🙂 en met rede oor die Las Vegas storie. Terloops Las Vegas is Spaans vir “the meadows” “n Spanjaard wat ‘n fontein ontdek het het dit vernoem ” for its life-saving water and soul-soothing greenery”. dink nie daar het veel van daardie betekenis oorgebly nie.

HesterLeyNel:Dis interessant Abrie, ek het dit nie geweet nie. Ek het juis gesit en wonder hoe kry ‘n stad in die woestyn water, toe gee my man my ‘n hele lesing oor die Hoover Dam.

scrapydo2.wordpress.com: Grote Griet, ek het so n bietjie agter geraak met al die beplannings. Ek is self besig om te beplan om te trek so my aandag is nie by my blog-bedrywighede nie totdat ek Kameel se deel lees en die volgende taak moet doen. Dit sal beslis vanaand beplan word en dan more openbaar gemaak word. Ek moet gou eers my reisdokumente in orde kry. Gelukkig is alles nog geldig. Net my Musk vuurpyl huur sodat hul dit solankk in die regte rigting kan stel om my met spoed op die toneel te bring.

HesterLeyNel: O heng, ek het gisteraand vroeg gaan slaap (en die bloggers het heerlik voortgesels hier op die kommentare), so ek het nog nie eens Kameel se bydrae gelees nie. Yummie! Ek gaan kyk. Musk vuurpyl? O gonnas.

scrapydo2.wordpress.com: Ou maat, ek moet op n manier daar uitkom.

KAMEEL TAAK 2

Op rooi stillethoes, heupe swaaiend in ‘n swart minirok stap Camilla, ‘n Hardewarewinkel binne. Sy gaan staan en kyk half verlore om haar rond. “Kan ek help dame,” sê ‘n mansstem skuins agter haar. Met ‘n swiep van haar blonde hare, draai sy om, pruil haar rooi mond, en bekyk die man op en af, en glimlag dan haar goedkeuring. Hy is onkant gevang; trek onwillekeurig sy maag in, en stoot sy bors uit. “Abrie het my gestuur,” sê sy in ‘n hees stem. Hy trek sy wenkbroue vraend op, “Abrie?” “Ja, Abrie het gesê ek kan by jou ‘n ” industrial ankle grinder” leen. Die man gee ‘n skewe glimlag, “Jy bedoel seker ‘n “angle grinder?” Met oë vol beloftes kyk sy deur lang wimpers na hom. “Dis reg, dis wat hy gesê het.” Die man sluk hard. “Ons huur angle grinders uit”… maar voordat hy verder kan praat beweeg sy tot teen hom. “Ek wil dit net vir ‘n rukkie leen,” sê sy saggies. Vir ‘n paar oomblikke staan hulle so, haar parfuum is bedwelmend. Dit is duidelik dat die man in haar net gevang is. Meteens verhelder sy gesig. “Ek het ‘n “angle grinder” in my bakkie wat ek vir jou kan leen. Wou dit vanaand na my vriend toe vat, maar hy kan maar ‘n rukkie wag.” Camilla lig haarself op en gee hom ‘n soen op sy wang, “Jy is ‘n regte skat.” Die man kyk vervaard om hom rond, haal ‘n sakdoek uit sy sak en vryf daarmee oor sy wang. “Waar is julle musiekafdeling.?” Vra Camilla grootoog. “Ons het nie ‘n musiekafdeling nie” antwoord hy vinnig. “Abrie het dan gesê as ek die grinder kry moet ek sommer vra vir Sement en Ketting se discs.” “Wie is hierdie kamtige Abrie wat die pragtige meisie so voorskryf,” dink die man, maar sê dit nie hardop nie. “Dit is discs wat jy saam met die grinder gebruik,” verduidelik hy. “Wag dan gaan haal ek hulle vir jou,” en met die woorde stap hy weg.

‘n Ruk later met die grinder en discs veilig in lekkervurig se lorrietjie, ry Camilla straat af. By die rooi verkeerslig gooi sy haar kop agteroor en lag kliphard. Hoe geniet sy nie hierdie toneelspel nie. Nog ‘n paar draaie om as blonde poppie gereedskap vir hulle misdaad te kry, dan kan sy teruggaan George hotel toe en ontslae raak van hierdie ongemaklike klere, dik grimering en vals oogwimpers. Una kan haar pruik terugkry wanneer sy haar by Toweropstal sien. Sou hulle misdaad skeefloop sal daar verniet gesoek word na die blonde poppie, sy bestaan nie meer nie.

Lekkervurig was omtrent gaaf om soveel tot die misdaad by te dra… sy hoop net sy verstaan hoekom sy wat Camilla is nog ‘n grinder gekry het; sy wou van die begin af haar eie grinder hê… net vir ingeval. Heelwat later stap Camilla by George hotel uit. Die bruinkop vrou in haar denim, t-hemp en gemaklike tekkies lyk alles behalwe na die poppie van vroeër. Sy voel tevrede met haarself. Sy het die meeste van die gereedskap wat Abrie op sy lys genoem het gekry en klaar by toweropstal gaan aflaai. Die rookmasjien, flitse, en duikgereedskap kan iemand anders kry. Môre lewer Una se skoonseun die hoenderhokke en hoenders af… sy wonder tog watse houvas Una op hierdie skoonseun van haar het. Nou gaan sy kos koop en dan die pad vat toweropstal toe.

Alleen gaan sy nie daardie opstal takel en skoonmaak nie. Slange, spinnekoppe….. spoke!!!! Nee Toorts moet kom help… maar Toorts se vrees vir spinnekoppe sal haar viervoet laat vassteek. Meteens gaan die lig aan… SCRAPY…. ja Scrapy kan die leisels vat, die opstal skoonmaak, ontslae raak van die slange en spinnekoppe…. en spoke…. en die plek leefbaar maak. Wat sou Hester tog met leefbaar bedoel het? Ag wat laat Scrapy daaroor besluit. Sy wat Camilla is sal die hoenders kos gee totdat die ander opdaag en by haar oorvat.

Perdebytjie : Sjoe Kamerl,die storie skop goed af!Ek kan nie wag vor die res van die deelnemers se pittige bydraes nie🤣

Kameel: Dankie Perdebytjie…. weet nie hoe pittig jy gaan wees as jy jou geliefde perdebye moet gaan uitrook nie. Ek dink hulle gaan jou die job gee. Nou kan ek terugsit en die ander s’n geniet.

Perdebytjie: Ek sal mooipraat met die spulletjie!

HesterLeyNel: The Wasp Whisperer

Tannie Frannie: Bwahahaaa – “Sement en Ketting se discs in die musiekafdeling”, dis klassiek, Kameel!

Kameel: Dankie Frannie 😊 Hoop jy het jou naam op vir die misdaad!!!

Tannie Frannie: Nee…ek is te sleg met spertye, ek sou net die verloop van sake vertraag. Maar ek volg die gebeure met toegespitste aandag!

Kameel: Dis jammer maar ek verstaan. Dankie ook vir Sement en Ketting…. het dit na hoofletters gaan verander; beter so. Lekker slaap.

Abrie Joubert: Tannie Frannie ek hou van tannie is ‘n pilaar van die gemeenskap met ‘n goeie naam en al – ‘n eerbare skelm. As tannie nie self skryf nie kan ander mense tannie dalk in hulle stories indskryf en tannie dinge laat doen wat tannie wil doen nie!

Tannie Frannie: Dankie vir die waarskuwing – maar ek’s nog steeds te lui…

Toortsie: Ek raak al hoe meer gespanne, nue oor die misdaad nie, nie oor die tronk nie, maar oor my BEURT! Kameel, wanneer dit my beurt is, gaan ek jou omkoop om myne ook te skryf. Jy sal mos, nê? Asseblief, man!

Abrie Joubert: Toortsie skryf enigiets en ontken net dat jy dit geskryf het. Jy vingerafdukke is mos nie op die pen of sleutelbord nie.

HesterLeyNel: Haha

Kameel: Van wanneer af is onse Toort bang?? Jy gaan skryf en goed skryf…. vra raad as jy dit nodig het. Just enjoy it!!!

Toortsie: Ahaaa ek weet nou. Op een of ander manier moet die polisie se aandag afgetrek word, en ek dink ek weet hoe! Ek bied aan om dit te dien wanneer nodig.

Kameel: Jy gaan genomineer word… weet nie vir watse werk nie… maar Hester het gesê daar moet gepatroleer word. Kry jou gedagtes agter mekaar 😊

Toortsie: Dis net te mooi wat’n blonde kop en ‘n paar hormone alles kan regkry! 😁

Kameel: Ek het nou daardie image van my afgewas. Gmmmf die blonde poppies wat die mans so rondjaag… maar moet sê dit was nogal lekker om die manne so om my pinkie te draai.

Toortsie: Maar ek vermoed jy is ‘n expert! 😁

Kameel: Nooit gesien nie Toorts!!! Hoe gekrenk voel ek nou. 😊

Toortsie: Ai jai jai, dis jammer.

Abrie Joubert: Sjoe Camilla ek was nou skoon down gewees omdat ek nie mooi geslaag het om vir jou te verduidellik wat jy moet koop nie, maar toe onthou ek dat jy ‘n blond is en voel toe beter. Ek moet egter erken dat met die ketting discs jy nie heeltemal verkeerd is as jy dit musiek noem nie – die genre is heavy metal

Abrie Joubert: En net vir die rekord hierdie was baie goed – musiek in my ore

Kameel: Bly jy het daarvan gehou Boss!! Ag verskoon ek werk nie meer vir die mafia nie…. Abrie 😊

Ekmyselff: Ek stem!

Kameel: Dankie…. het jy gehoor hoe daar musiek gemaak gaan word? Jy sal jou hulp moet aanbied… dink net jy kan vir nagte bo-op die koorsteen dans en niemand gaan jou skeef aankyk nie.

Ekmyselff: Klink na n goeie plan, dan het ek sommer baie hoogte en ek kan dalk op so manier waghou en sien dat daar nie onwelkom besoekers of agies opdaag nie – die musiek moet net lekker lewendig wees. Ek

Kameel: Nou toe meld jouself aan. Ek dink Toorts gaan die job kry om die plek te laat patroleer .. dan slaan jy sommer twee vlieë met een klap.

Kameel: Dan help jy sommer patroleer… en hou die musiek aan die gang!!! Twee vlieë met een klap.

Kameel: Die blond het haar werk goed gedoen danksy Abrie se naam wat sy so los rondgegooi het. Thumbs up vir die heavy metal!!!

scrapydo2.wordpress.com: Sjoe, hier ontdek ek nou vanoggend dat ek my moet aanmeld vir die skoonmaak sessie. Ek moet eers speurwerk gaan doen om te sien waat Abrie die ou geslepe leier ons heen lei. Ek is juis oppad om my eie huis te ontruim. n Ekstra skoonmaak sal nie kwaad doen nie.

Lekkervurig: Scrapy, ek sien Camilla het die huisleefbaar en spokeverdryf deel van haar taak vir jou gelos. Jy sal haar moet terugkry daar voor. Miskien ‘n spokie in ‘n bottel bêre vir later?

Kameel: Jy moenie so skeef na my kyk nie lekkervurig…. ek is baie bang vir slange, spinnekoppe en spoke. Vir Scrapy se hande staan daar niks verkeerd nie… moenie eers verbaas wees as daar pragtige quilts te siene gaan wees nadat sy die plek leefbaar gemaak het nie.

Lekkervurig: Kameel, haal asem. Die perdebye en bye en slange is in die skoorsteen vir Perdebytjie om te takel…. hoe gaan ons vir Piet Joubert opgeroep kry as Scrapy hom nie vang nie. Capice? Ek laaik dat Scrapy se talente reg aangewend word.

Kameel: Daar is nie ‘n manier waarop perdebytjie hulle skade gaan aandoen nie. Ek weet wat sy gaan doen…. fotos van hulle neem… en daarmee tyd verspil. Nee, die spul moet nek omgedraai word sodat die job kan aangaan.

Lekkervurig: Jinne Kameel, jou skadukant kom uit….hehe

Kameel: Ouch….ja, net gou weer my masker reg trek.

scrapydo2.wordpress.com: Ja, kry sal ek haar kry. Aan die anderkant is dit n span poging en daar sal nog dinge opduik wat net reg vir Kameel gaan wees. Sien jy kans vir stap 4?

Lekkervurig: Stap 3 is die paarties Dit klink soos Una en kie. Stap 4 is sekuriteit klink soos Toorts want sy gaan die polieste kan omkoop met lekker kos…dink jy nie?

scrapydo2.wordpress.com: Oooo okay. Ek is veronderstel om taak 3 te doen.

Lekkervurig: Kameel sê nee – jy moet deel twee van taak 2 doen, en iemand tag om stap drie te doen.

scrapydo2.wordpress.com: Okay, okay jy moet onthou ek kom van ver af!

Lekkervurig : Dis hoekom on ‘n bende is, ons kyk uit vir mekaar. Lekker skoonmaak. Groetnis.

scrapydo2.wordpress.com: Ha ha, my planne het net bietjie verander. Dankie vir die hulp.

Kameel: Ek verstaan scrapy…. dis jet lag 😕

Kameel: Neeeeeee scrapy….. jy help my met taak twee…. het die harde werk …. ag ek bedoel die werk wat jou so goed pas…. met liefde aan jou oorhandig. Jy moet as jy klaar is iemand tag vir taak 3. Lekkervurig het idees gegee van wie hulle goed van hulle taak sal kwyt.

scrapydo2.wordpress.com: Jaaaaa, ek verstaan nou! My blonde oomblik het my geheel van koers af laat dink.(en dis al half tien hier ek moet gaan slaap.

Kameel: Lekker slaap 😊

scrapydo2.wordpress.com: Dankie. Ek het gehoor ons gaan nie hierdie naweek maar volgende een trek. Nou beter ek begin inpak ook.

Kameel: Scrapy!!!! Onthou ons is vriende. Veel eerder kan jy een van jou mooi quilts oor my gooi wanneer jy sien ek kry koud as ek lê en slaap terwyl die ander werk. Onthou ons is nog besig met taak 2… jy moet ‘n blogger vir taak 3 tag.

scrapydo2.wordpress.com: Oh no. Ek het sommer taak drie begin maar dis okay. Jy sal sien hoe dit werk.Eks amper klaar geskryf!

Kameel: Dis hoekom ek jou die huis laat leefbaar maak het… jou hande vat mos vas… en as mens jou oë uitvee is die taak afgehandel. Well done my friend!!

scrapydo2.wordpress.com: Het jy gelees wat ek vir ons gereël het?

Kameel: Nee…. waar moet ek lees?

scrapydo2.wordpress.com: Het nounet hom gepos. All yours now. Laat Bytjie asb weet sy moet haar klom familie kom kalmeer want hul voel heel onrustig op die oomblik.

travel460: Kameel, jy is ñ regte bo-baas misdaad skrywer! Die prentjie daarby het my met afwagting gevul. Camilla het haar goed van haar taak gekwyt. Manne wat darem so maklik vir ñ paar lang bene in rooi skoene kan val! Onthou om die pruik vir my by die afgespreekte plek af te laai, ek wil gereed wees vir my beurt! En Abrie, ek kan goed glo jy glimlag breed vir hoe dinge afgeskop het.☺

Kameel: Die pruik lê in sta-soft…. hy sal gereed wees vir wanneer jy land. Fluister… het voorheen so ‘n paar werkies vir die mafia gedoen ook.

travel460: Jy is ń goeie een om as kontak in my boekie te hê, Kameel. Dalk ń privaat opdraggie eens ons ons miljoene gemaak het…???

Kameel: Why not? Die lewe kan maar boring raak so sonder ‘n bietjie drama hier en daar. 😊

Lekkervurig: Flip, hoop Camilla het die Lekker braai logos van die lorretjie afgehaal….Kameel jy is briljant.

Kameel: Not to worry lekkervurig, het dit afgehaal. Ek het my net as ‘n dom blond voorgehou… maar agter dit was Camilla se verstand helder aan die werk.

Lekkervurig: Phew, net vir oomblik gedink ons perfekte misdaad gaan deur my branding in die wiele gery word. Dankie Kameel.

Kameel: Jou lorretjie ry heel lekker. Nadese gaan jy genoeg geld hê om julle brand landwyd te bemark. Ag wat praat ek nou…. jy sal sekerlik eerder die wêreld wil gaan toer. Hester bekommer my rêgtig…. sy praat van wegvlug Suid Amerika toe. Ek wou vir my ‘n villa in Italië kry maar volgens haar lewer hulle uit. Voel jy gerus oor Hester?

Lekkervurig: Kameel, dis nou nuus. Laas het ek verneem sy wil Los Angeles toe…ek sal my feite moet nagaan. Suid-Amerika…ons sal daai lyfwag wat Una wil saamstuur goed moet indoktrineer om in ons almal se belang Hester op die nou weg te hou. Ek dog sy wil gaan kyk of sy die geld wat julke so oorbetaal het aan haar wil verdubbel. Ek het gedink om Nkandla by JZ oor te neem vir R1. Die land sal verlig wees….hehe

Kameel: Sy is glo Las Vegas toe om kopers vir die goud te soek. Alles in ons belang sê sy. Wanneer die misdaad afgehandel en die goud verkoop en die geld in haar bankrekening inbetaal is…. en sy ons dele uitbetaal het… gaan sy Suid Amerika toe. Sou dinge hier skeefloop kan sy nie oorgelewer word nie. Daardie lyfwag sal sy storie moet ken!!!

En jy gaan Nkandla oorkoop 😀😀😀😀 Is jy seker die land gaan nie de hoenders in wees daaroor nie. Hester sê klaar die reserwebank en die regering gaan smoorkwaad wees oor hierdie diefstal wat so onder hulle neuse plaasgevind het. Maar dan weer…. ons kan lekker by Nkandla paartie….daar sal plek vir al die bloggers wees om oor te slaap.

Lekkervurig: Dis nou wat ek gedink het – ons eie Blogland nessie om verder eiers te lê, en JZ sê juis die krag en water is verniet….

Kameel: Hoe klink jy so familiar met JZ? Ken jy die Guptas…. of is dit ‘n te persoonlike vraag?

Lekkervurig: Nie persoonlik nie, maar baiegoed na ek Desember by hulle kersopgesteek toe ek “President’s keepers” van Jaqcues Pauw gelees het. Dis goeie misdadige leesstof. Boonop “Boardwalk Empire” en Sopranos van begin tot einde geshowmax. Ek is goed gemafia….

Kameel: Sien jy het jou vinger op die pols. Ons het jou broodnodig om ons op track te hou.

HesterLeyNel: Fantasties! Jy is ‘n briljante misdadiger. Die “ankle grinder” het my daar hoendervleis gegee vir ‘n paar oomblikke. Sement en Ketting se discs – daai is ‘n ander soort musiek.

Kameel: Heavy metal musiek soos Abrie sê 😀😀 van kettings gepraat… daar is mos ‘n gesegte wat lui “Klein diewe het ysterkettings, groot diewe goue kettings.” Ek hoop van harte ons het gouekettings… is nie lus om in die tronk te gaan sit nie. Hou maar daardie ankle grinder in gedagte!!!

HesterLeyNel: Hoe gaan jy dit in die tronk insmokkel? Of dreig jy my? Haha.

Kameel: Sê maar net 😇

Ekmyselff: Puik, jy oortrek jouself, ek hou van die heavy metal in die musiek afdeling.

Kameel: Dankie…. hoekom is ek nie verbaas dat jy van die musiekgedeelte hou nie. Heavy metal sê jy? Sal jou graag op dit sien dans.

Wegkruipertjie: Sjoe julle is almal ywerig aan die werk. Camilla is die perfekte undercover-blond. Kan nie wag vir my beurt nie

Kameel: Bly jy het uit jou wegkruipplek gekom. Wonder wat jy gaan doen…. ek hou nou my asem op vir die ander bloggers. Hopenlik loop almal se planne glad!!!

Wegkruipertjie: Joh julle almal skryf so vining, gaan kyk Una het al taak 3 klaargemaak. Ek dink daai Kruger-rande gaan teen die einde van die week ons s’n wees

Kameel: Liewe Moses!!!! en hier dog ek sy sit nog in Bali 😕 Wag laat ek gaan kyk wie nog by toweropstal opgedaag het. Dankie vir die laat weet.

HesterLeyNel: Ek probeer nou kophou hier. Jy sê ons kort nog net ‘n rookmasjien, flitse, en duikgereedskap. Una het mos rookmasjiene en ek neem aan dit gaan gebruik word vir Taak 3 (die paarties) ook. Dalk moet Una sommer genomineer word hierdie taak, want daar moet darem seker klanktoerusting en harde musiek doscs (heavy metal?) ook aangeskaf word. Die ou wat genomineer word vir Taak 7 (die duikers) kan mos maar sorg vir die duiktoerusting?

Kameel: Het jy nog nie op en wakker scrapy se blog gelees nie. Agtermekaar vrou daardie!!! Wanneer jy klaar gelees het kan ons sien wat kort nog. Ek het ook gedink die duikers kan vir hulself sorg….. wat weet ek nou van duiktoerusting af.

HesterLeyNel: Nee, ek was die hele oggend tussen besig met bloedtoetse en goete en daarna gou inkopies gaan doen. Selfoon was af. Het nou-net Scrapy se blog gelees en sien julle skryf soos blits. Ek het nogal in die uitdaging drie dae tyd gelos vir elke blog! Snoep agter daardie goud aan, nè?

Kameel: O ja, jy sou gaan vir toetse vir jou hart.. vertrou alles is reg? Ek het vinnig geskryf of anders maal my gedagtes vir dae rondom dit. Scrapy gaan trek… so sy wou die takie ook vinnig afhandel.

HesterLeyNel : Ek het net die bloedtoetse laat doen vandag. Ek sien die kardioloog die 12de. Ek sien Scrapy gaan trek – wou haar nog vra waarheen.

Kameel : Haar seun het ‘n nuwe huis gekoop… sy trek in hulle huidige huis in. Vra maar net as jy iets wil weet 😀😀😀😀😀

HesterLeyNel: O okei. Ek het geweet haar seun was besig om te kyk na ‘n plasie (plot?), maar daarvandaan verder het ek alweer die gesprek gemis.

Kameel: Die plot het deur die mat geval.

HesterLeyNel: Ek hoop hulle gaan nog naby haar wees.

Kameel: Ek het so aangeneem…. dit het nie geklink asof hulle vêr wegtrek nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Scrapy   taak 3

Wel, wel, Kameel het my opgekommandeer om te gaan help om haar skoonmaak taak te verrig. Sy noem iets van spinnekoppe en slange. Gelukkig het ek n manier met diere. Hopelik werk dit met slange ook.

Van sit en staan kom niks gedaan.Ek moet baie vinnig n plan maak om terug in Suid Afrika te kom. Gelukkig is my paspoort nog geldig. Sal my Suid Afrikaanse een gebruik om die visa te ontduik. As ek terugkom gebruik ek my NZ paspoort en alles loop perfek.

Gelukkig ken ek vir Elon Musk en hy het goedgunstiglik sy vuurpyl n draai laat maak sodat hy my gou in Suid Afrika kan afgooi. Alles het perfek uitgewerk. Ek het veilig aangeland met Elon se Tesla sportmoter. Ek leen die moter net vir drie dae dan vlieg ek weer terug NZ toe.

 

Sjoe maar dit lyk maar verwaarloos en grillerig hier by die opstal. Ek het gister telefonies gereël dat n drie-slaapkamer “parkhome” hier afgelaai word. Hul moes die hyskraan ook los sodat dit gebruik kan word vir ekstra hyswerk. Dit lyk perfek.

Die parkhome het drie slaapkamers, sit-eetkamer oopplan kombuis. Ook n badkamer met n kompostoilet. Daar is n yslike Hi-Fi met plate en tapes om n Babels lawaai te maak as almal hier is.  KAMEEL sal maar die musiek kom maak.

Daar het ook n aflewering van skoonmaak materiaal opgedaag. Gogga gif, slang aantrek middel en dan ook die spookverjaagapparaat(drone wat my seun gebou het!).

Una se hoenderhok en hoenders lyk heel gelukkig. Hul kekkel en kraai heel plesierig.

Ek het die slangverjaer gestel en ek glo nie hul sal n probleem wees nie. Die spinnekoppe het ek n paar goeie spuitsels gif gegee. O genade, die gif het n klomp perdebye ontstel hier in die skoorsteen. Perdebytjie sal beslis baie vinnig moet oorkom om haar familie te vertel dat ons net bietjie spasie nodig het om te beweeg. Bytjie sal ook moet help beplan aan die verdrywing van die spoke as daar gewerk word.

Ek gaan sommer Una  https://travel4601.wordpress.com/ inlig dat sy in die tussentyd moet regmaak vir taak drie die GROOT plesier vir die aand. Julle beter wikkel ouens. Ons het nie baie tyd om te mors nie.

Toortsie says: Julle woel julle woel! Bly jy het die spinnekoppe verjaag.

travel460 says: Dankie dat jy alles so mooi in plek gesit het. Jy het my taak heerlik vergemaklik.

 

Kameel says: Myne ook 😊 Lekker om ‘n vriendin te hê op wie se knoppie jy kan druk…. en as jy jou oë uitvee is sy hier. Wonder of sy my nie vir ‘n spin in daardie sportmotor kan vat voordat sy terugvlieg nie? Hester sal weer sê ek moet my gedagtes by die groot taak hou…. sy is ‘n regte pretbederwer. Van pret gepraat… wonder hoe gaan dinge in Vegas?

ekmyselff says: Heng maar jy is vining, ek hoop die kompostoilet is skoon, gelukkig is ek nie bang om n “veltie” te vang nie… verder hoop ek daardie skoorsteun is skoon vir my moontlike taak, terwyl ek daar bo, met genoeg hoogte dans, sal ek ver kan sien as iemand vreemds dalk wil kom ondersoek instel.

lekkervurig says: Hy spook oral – Ekmyself en hy en Una konnek as ek reg lees

HesterLeyNel says: Ek sien nie vir Storieklong hier rond nie? Sou graag sy kommentare wou sien. Wie het kontak met hom?

HesterLeyNel says: Mense, ek sit op die lughawe op pad Las Vegas toe en julle werk so vinnig dat ek nie kan byhou nie. Onthou, vir goeie beplanning is daar tyd nodig. Jy is ‘n doring Scrapy – Suid-Afrika toe met ‘n vuurpyl nogal. Werk jou seun vir die ghost-busters? Ek is seker Una sal ook haar lawaaimusiek en klanktoerusting bring (en o ja, die-rook masjiene). Ek sal hou van ‘n karaoke-aand ook, Una!

Tannie Frannie says: Umm – wat gaan jy nou weer daar maak? Die kitty loop sta’ wegdobbel??

HesterLeyNel says: Nooit! Ek dobbel mos nie meer vandat die casino-base my knieë die vorige keer met bofbalkolwe laat verniel het nie.

Tannie Frannie says: Ooo, so dis waar daai stywe knie vandaan kom, sjym man…

HesterLeyNel says: Nou weet jy!

Tannie Frannie says: Jaaa, maar nou het jy nog nie op my vraag geantwoord nie!

HesterLeyNel says: Ek gaan mos voornemende kopers van ons goudbuit daar ontmoet. Ek voel dat ons die goud so gou as moontlik landuit moet neem. Maar nou glo niemand my storie nie en Una stuur nou ‘n lyfwag saam om my en die kitty op te pas. Daar is ook nie meer iets soos vertroue in jou medemisdadiger nie.

Tannie Frannie says: Daai alibi het ek heeltemal misgelees, maar ek is bly Una het die gesonde verstand wat misdadigers nodig het.

 

HesterLeyNel says: haha

Kameel says: Ek het daardoe karaokeaand ‘n date 😕 Daar is nie ‘n manier dat ek voor julle bloggers sing nie!!!

HesterLeyNel says: Onthou net, as jy nie wil sing nie, moet jy die chicken dans doen. Vergeet van ander dates en bepaal jou aandag by ons Groot Taak.

Kameel says: Ouch, sorry…. hoe laat ek my gedagtes dwaal. Sal solank aan die chicken dans oefen in die “parkhome.” Dis ‘n grênd affêre…. maar watwou…. jy is oppad Vegas toe, en waar gaan jy grênder kry as dit?

 

 

HesterLeyNel says: Ja, maar ek gaan besigheid doen, sien? Ek hou my doel voor oë!

wegkruipertjie says: Scrapy is al die b(l)oggers veronderstel om saam te bly in die parkhome of maak ons beurte? Una – Let’s get the paartie started

lekkervurig says: Scrapy – was daar plek in die Elon Musk vervoer vir jou mooi kwilte – die parkhome sal darem mooi lyk met so paar…vra maar net. Bly om te hoor die hoenders is gelukkig, dit moet Kameel wees wat so oulik sorg. (Ek was bang Camille voer hulle popcorn…hehe)

Kameel says: Kan jy gedagtes lees lekkervurig? Hoe weet jy ek is so lief vir popcorn dat ek dit tot vir die hoenders sal voer 😀😀😀😀

lekkervurig says: Bwahahahaha! Dis sowaar toevallig. Groetnis. Ek gaan uit my eie besigheid afgedank word oor hierdie Blogland misdadigheid en pret.

Kameel says: Not to worry… een van die dae is jy skatryk!!!

lekkervurig says: In Japan en Blogland ja….

Tannie Frannie says:  ‘n Raakvatter soos gewoonlik!

Kameel says: 😀😀😀😀😀 Dis puik, dankie scrapy. Het geweet ek kan op jou staatmaak om dinge leefbaar te maak. ‘n Parkhome van alle dinge….. mooi man…. het omtrent kopgekrap hoe om daardie murasie leefbaar te maak. Jy is ‘n wenner. Camilla gaan ook sommer daardie job van musiekmaak vir ekmyself gee 😊

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

UNA

Ek is hier!!! Amper die pad byster geraak met die 250 m wes van teerpad-aanwysing… Want hoe de joos moet ek nou weet waar is wes… Dit was heel dag bewolk! Ek het bietjie baie goedjies gehad om saam te bring, maar gelukkig spoor ek toe ñ redelike klein container op. Die groottes is SO opvallend.Groot was my verbasing toe ek links-agter die murasie kyk, en daar staan ons parkhome! Scrapy, jy het jouself oortref!

Laat ek dadelik begin uitpak. Die rookmasjien is hier, ook pampoen-beligting vir atmosfeer.

Ek moet net gou ñ paar Bali lappies in ons verblyfplekkie gaan uitgooi; mens het darem jou trots, hoor. Misdadigers of te not.

Hoekom is ek nouweer hier…O ja, die paarties. Ek het so ñ paar stukkies meubels saamgebring, dis nou so vir ons spys en drank. Sommer klaar opgetop ook. Met ñ eish-masjien.

Indien enige iemand ñ item identifiseer wat hulle graag met ons miljoene wil aanskaf, ek het voorraad gelaai. Jy kan dit teen ñ bargain kry. En indien enige van julle vriende en fami…

Die punt. Ek verloor die punt.

As Hester opdaag, het ons vir haar tot ñ werksstasie. Dis nou vir al die papierwerk wat sy moet inhaal. Ek verneem sy het pas geland…iewers…

Scrapy het reeds ñ hi-fi, plate en tapes hier. Mmmm. Ekmyselff, miskien wil jy ñ paar tegnologiese wysigings met betrekking tot ons musiek saambring? Ek vermoed so? Wat van ñ gaskunstenaar? Dalk ñ band? Niemand mag ons kraggereedskap se klank hoor nie. En daai bubbels wat alles sal toesmeer, so saam met die rook? So bring Rock musiek. Baie.

Kameel, jy is reeds hier. Ek verneem jy het ook voorstelle en ñ spesifieke voorkeur in musiek. Bring it on, babes!

Die hele Karaoke set-up is saamgebring. Ook ñ opslaan verhoog. Nou moet ALMAL net eers opdaag sodat ons kan begin met die OPERASIETJIE.

Ek gaan nou bad. En stort. En daarna, sodra dit donker is,

…bietjie tyd in die ander geriefie gaan spandeer. So romanties…

Sjoe, dis harde werk om ñ misdadiger te wees.

(Ek nomineer nou vir Ekmyselff om op te daag en my eers te kom help met die beplanning vir die aanmekaar paarties wat Hester van praat. Bring jou musieke. Ag, en dalk ñ DJ of twee…Sal mos nou heeltemal skadeloos wees! Hier is heelparty van die jongeres wat hulle aandag van ons PLAN sal kan aftrek. Daarna kan jy die Sekuriteitsspan-leier nomineer.)

 

 

 

 

wegkruipertjie sê: Sjoe ek hou van die motorhome, kan ek hom huis toe vat asseblief, julle kan maar aftrek by my deel van die skatte

lekkervurig sê: Genade, Una, jy ek Scrapy is blitsig….het sy jou met die Elon Musk blits kom haal in Bali? Ek wil nou net iets vra: Gaan die hoenders nie die hoenners in raak van al die paarties nie! Ek weet ons kan bure nooi en polieste ompraat, maar ‘n haan en sy henne….watse eiers gaan hulle lê? Gaan daar paartie skofte en grawer skofte wees? Die huis en paartie goed lyk fantasties btw. 😉

travel460 sê: Lekkervurig, die hoenners en hoender boerdery is iemand anders se baba. Hulle hokke is links van die murasie, en op hierdie stadium gee Kameel hulle kos, en praat met hulle oor eiers lê. Ek gaan vir Hester tog vra om solank van die werkies uit te deel. Die skofte…Woestynkind is baie goed met organisasie. En jy sal ñ briljante sekuriteits-leier kon wees. Want ek vermoed ons paarties gaan menigte besoekers lok. Maar ek mag net een mens nomineer, so ek gaan nou ñ rukkie op die troon spandeer. My taak vir die dag is afgehandel…O ja, hoe het ek so vinnig hier gekom? Soos Toortsie heel aan die begin gesê het, ek was toe nooit weg nie. Maar dit weet my mense by die huis nou nie, hoor.

lekkervurig sê: Sover ek weet is Toorts met haar lekker kos die patrollie en paai detail persoon! Nee ek vra maar net oor die hoenners… Groetnis en oor en uit.

Toortsie sê: Ja ek sal vir julle kook! 😁

lekkervurig sê: Vir ons en onthou nou die omkoop lekkenernye vir die klaers en polieste….

Toortsie sê: Dis reg so! 🍡🍔🥙🥩🥩🥩🥩

HesterLeyNel sê: Ek dink beslis daar moet skofte gewerk word. Skofwerkers (dit beteken grawers, snyers, duikers, patroleerders, ens.) sal ongelukkig vir hulle hele skof nugter moet bly. Skofte begin na donker en eindig voor sonop. Julle beter solank begin oefen om nugter te bly.

Kameel sê: Jou ou skelm…. en hier dog ek al die tyd jy sit in Bali!!! Dit begin nou so lekker daar by toweropstal lyk dat ek wonder of ons nie maar almal daar kan aanbly en eiers lê nie. Ek stem…. meer mense om te skryf oor die vele paarties. Nee, ek het vir scrapy gesê ek maak g’n musiek nie…. ekmyself kan daardie job kry…. en dan het dit geklink asof wegkruipertjie ook wil musiekmaak. Welgedaan Una!!!

Storieklong sê:  [Plasie neem notas] Wanneer die polieste darem daardie losprys uitloof vir inligting gaan ek sing soos ‘n voëltjie.

travel460 sê: En ek gaan jou dan aanwys as medepligtige. Een wat lankal sweet van die ongeruimdhede wat plaasvind. Help ons liewer met slim army idees. Dan kan jy deel in die miljoene, en gaan aftree.

Storieklong sê: Ek wil nie deel nie. Ek wil alles plus die losprys vir myself inpalm. Bwahahaha.

 

travel460 sê: Strooi. Jy sal nie kan stilbly nie, en dan is jy skuldig! Ons klomp vroumense weet niks van skofte en gate grou en dinamiet plant nie! En bomme bou. Sonell wil graag ń moord tussen-in gepleeg hê. Raad, Plasie. Dis wat ons nodig het. Of net jou beskeie mening.

Toortsie sê: Ek hét al gewonder hoekom die manlike bliggers so afwesig is. Ag dankie tog! Dus darem nou Abrie en die Hoedeman.

Storieklong sê: In my beskeie mening gaan julle almal vir ‘n baie lang tyd sit vir ‘n misdaad wat ek gepleeg het. Ek sal darem ‘n drink op julle drink wanneer ek op my Karibiese eiland ontspan.

travel460 sê: Wyk, Storieklong, wyk! Ons is untouchable; Toortsie het nie meer ń vingerafdruk nie, so niemand gaan ons uitvang nie. En sy maak kos vir die poelieste. Camille, Kameel, het ń blonde pruik en Scrapy het familie met ruimte vliegtuie. O, en Hester is besig om in Las Vegas deals vir ons te beding…Wat kan dan nou verkeerd gaan?

Storieklong sê:  ‘n Mens vra nooit daardie vraag nie. Nooit!

Storieklong sê: Maar om jou te antwoord. Plasie kan verkeerd gaan, because there is no honour amongst thieves. Een giant sesvoet 140kg stinky in die drinkwater. [Evil laugh]

travel460 sê: Jy maak my ietwat bang…Ons sal ons sekuriteit dadelik aan die gang moet kry. En ek dog ek kan nou ontspan in ons amazing badkamer en klein huisie…

HesterLeyNel sê: Plasie, ek is baie bly om jou hier te sien. Siende dat ek nou hier in Las Vegas besig is en jy in elk geval ‘n ogie hou oor Toweropstal, dink ek jy moet asseblief die spul wat reeds daar doenig is, op koers hou. Nevermaaind Thief’s Honour, ek sal net die Van Helsdingen se hulp inroep as ek met jou moet sukkel. Ons vrouens staan altyd saam.

travel460 sê: Moenie hom vertrou nie Hester. Ek waarsku…

HesterLeyNel sê: Die vroue is in die meerderheid hier Una. As ons hom nie kan vertrou nie, sal ons ‘n sniper moet huur om hom uit te vat.

travel460 sê: Ha. Lekkervurig, sy kan skiet!

HesterLeyNel sê: Goeie idee. Sonell wil ook graag per ongeluk ‘n moord pleeg. Tussen die twee van hulle kan hulle die perfekte moord pleeg terwyl die res van ons besig is met BELANGRIKE WERK. Lekkervurig kan skiet en Sonell kan forensiese getuienis verbloem. Doen dit dalk net nadat Taak 8 afgehandel is en onthou om te rapporteer! Moenie dat Storieklong agterkom dat ons hom uit die weg gaan ruim nie.

travel460 sê: Jy weet, dis al tien uur hier, slaaptyd. Dis nou AS ek in Bali was…Ek lê so en lag vir al hierdie kommentare. Sweer WP wonder hoekom die stats so opskiet.🌺

HesterLeyNel sê: Ek dink almal geniet hierdie uitdaging. Kameel en Toortsie het ‘n goeie idee hier beetgekry.

Storieklong sê: Moenie worry nie Hester, ek hou hulle fyn dop…Haarfyn

 

HesterLeyNel sê: O, jy was nooit weg nie! Nou het ek iets om jou mee af te pers. Wel Una, nou het ons kleur en lewe op Toweropstal. Daai eish-masjien laat my dink hier kom groot dinge. Ek sal ‘n paar stelle oorfone bring vir die oues van dae wat so klaerig kan raak oor harde musiek. Karaoke – jip, ek kan nie daai mis nie.

ekmyselff sê: Dankie Una, jy het die plek behoorlik “party vriendlik” gemaak en dit lyk besonders mooi, die postal is kleurvol.

Ek gun jou egter ‘n rukkie daar in in rus en vrede om net eers tot verhaal te kom, jy weet jou gejokkery aan jou familie, dat jy kastig Bali toe was… rus nou maar eers lekker, verken die plek en maak seker al die slange en gogga’s is dood. Dit terwyl ek solank in die stilte werk aan ons musiek, jy weet ons kan nie enige musiek gebruik nie, ons wil mos gatswaai, dit sal lewendig moet wees, aandiebrand!

Geniet jou bad in die buitelig en wees maar vir oulaas op jou eie romanties want vorentoe gaan daar nie meer tyd wees nie. Wegkruipertjie het iets genoem van Dans Dans Dans en Jack Parrow en Storieklong het ‘n ander Ma slaan vir pa en sussie skop die hond weergawe…. Ek is nie seker of ons met hierdie twee se musiek smaak dalk te veel belangstelling gaan lok nie.

Ek gaan gou bietjie rus voor ek met die groot taak begin.

travel460 sê: Daai bad en toilet is ons sn hier op Toweropstal, Ekmyself. Ek en Kameel en Scrapy is reeds hier. Ons gaan heerlik ontspan en vir jou wag. Die hoenners kosgee en beplan hoe ons ons miljoene gaan belê.

ekmyselff sê: Ja nee, ek weet, ek se mos geniet dit…. en julle beter nie lank bad en stort nie, die Kaap het juis nie water nie!

travel460 sê:O my hel. Daarvan het ek nou vergeet!!!!!🙈🙈🙈

lekkervurig sê: Psst, Una, gaan kyk op die sleepwa wat saam met die Lekker lorretjie gelewer is is ‘n 5000lt JoJo tenk al die pad van Limpopo, gebtuik daai hyskraan om hom staan te maak en kry Camille om ‘n loogieter te verlei om die tenk aan watertoevoer en riolering te koppel….wees spaarsaam. Groetnis

lekkervurig sê: O flip – ‘n loodgieter, net nou kom Camille met ‘n gieter vir die toilet daar aan….:)

travel460 sê: 🤔😁😂

travel460 sê: Puik idee!!! Wil jy nie solank deurry en kom hulp aanbied nie? Storieklong is aan die een kant op ons case, en toe kom die water krises! Camille hou haarself eenkant, weet nie wat daar broei nie, en Scrapy is weg om te gaan trek. Ek wil nou nie skinder nie, maar hierdie is effe te veel vir my. Dan moet ek nog so staan en jok vir my familie ook. Kom help groot asb.

lekkervurig sê: Hester en Abrie moker my disnis, ek sal hier van die kant vir jou fluister -Klik vir Storieklong by Van HElsdingen, dit sal sy aandag van julle aftrek. Gaan praat mooi met Camille om maar die LOODGIETER te gaan nader lok om te help en as sy weg is kry daai ekstra angle grinder wat sy vir haarself gekry het – daai is moeilikheid – dit kan ‘n moordwapen wees, jy weet. Tap ‘n bad, skink ‘n wyn, dan voel jy sommer weer reg soos ‘n roer. Baai!

 

ekmyselff sê: Goeie idee, dankie vir die vooruit dink, n waterskaarste sou “nag” wees.

Toortsie sê: En ek het nog heeltyd in my kop om die polisie met ‘n heerlike braai en lawaaierige paartie weg te lok!

coetzee2014 sê: Ek sal help braai. Hester, moenie dat die ander hoor nie, maar ons kan die geld maklik hier in Suid-Amerika belê.

Toortsie sê: Dankie tog, nog ‘n man het toegetree tot die reuse taak wat vir ons voorlê.

travel460 sê: Coetzee! Jy skok my!! Dat geld nou so ń sterk man kan verlei!!! Net vir interessantheid, nou nie dat ek rerig belangstel nie…Waarin kan mens daar belê sodat jou miljoene kan groei??

HesterLeyNel sê: Toortsie is jy ook nou op die paartie-toneel? Ek dog jy wou omsien na sekuriteit? As jy vir die job genomineer word, beter jy iemand aanstel om jou manskappe dop te hou (patroleerders en snipers) terwyl jy die polisie uitlok … ag, ek bedoel weglok.

Toortsie sê: Dis reg so. Ek is altyd by as daar geëet word.

ekmyselff sê: Toortsie kook jy solank n storm los, jy gaan kos nodig he om almal mee om te koop.

Toortsie sê: Right! Oeee lekker!

Storieklong sê: Plasie kruip stadig agteruit van die heuweltjie vanwaar hy die gewerkskaf by Toweropstal deur sy verkyker lê en dophou het. Die flits van ‘n geweerteleskoop se lens in die sonlig het verklap dat die jagter dalk die prooi kan word, maar dit maak nie saak nie. Hy het alles gesien wat hy nodig gehad het.

Agter die heuwel druk hy sy kenmerkende velhoed terug op sy kop en druk ‘n paar nommers op sy foon. “Ek het alles” sê hy toe die persoon aan die anderkant optel. Hy luister ‘n rukkie en antwoord dan “OK, sien jou by die huis. Love you” Die droë grondpad stoffies slaan onder sy stewels uit soos hy teen die ondergaande son instap na waar hy sy ou bakkie in ‘n bos bloekombome weggesteek het. Die weergawe van Lucas Maree se “miljoen” wat hy fluit is maar bra vals, maar hy gee nie om nie want ryk mense kan doen net wat hulle wil.

travel460 sê: Wat ek nou hieruit aflei is dat jou Poppie weet waarmee jy doenig is. So Lekkervurig se voorstel dat ons jou by die Vanhelsdingen gaan verklik, sal nie werk nie. Of was hierdie dalk ń oproep na Poerdez toe…?🤔

Storieklong sê: Wat kan ek sê? ‘n Gazillion Rand deel makliker deur 3 as deur 9.

travel460 sê: Blerrie veelwywer!

Storieklong sê:  ‘n Klein harem met groot persoonlikheid. Wat kan ek sê…behalwe Whêla kapêla!

Kameel sê: Ek mag seker maar sê puik geskrywe…. alhoewel my bene nou bewe.

 

Kameel sê: Nou praat julle so in Toortsie se kraal… ek bedoel kombuis. Sy maak tjop-tjop vragte kos en ry dit met haar bakkie na toweropstal toe. Ek is ‘n bietjie skrikkerig…. dit bly voel asof iemand op ons spioeneer. Ek het gister so ‘n mooi gietertjie gesien wat ek nie kon weerstaan nie. Sal hom uithaal…. en vol water maak. Wat moet ek natgooi?

travel460 sê: Camille, niks natgooi nie. Net vir ons ń loodgieter verlei sodat hy ons met die waterkrises kan kom help. Lekkervurig se slim idee…En ja, ons word afgeloer! Ek weet glad nie wat om hiermee te doen nie! Sonell is oppad see toe, sy het nie nou tyd vir ń moord nie, moet inpak. En Lekkervurig is van die lug af.

Kameel sê: O liewe ok…. die pruik lê nog in die sta-soft… sal hom gaan uithaal. Abrie het nie gesê waar ek ‘n loodgieter kan kry nie… weet jy dalk?

lekkervurig sê: Halooo! Sorry – moes eers kunsmis en kaggels smous. Ek is terug oppie lug – wat is al die kommernisse? Kameel – Google Pumbers in George… moenie die kettingplekke nader nie, hulle het almal base wat eers gevra moet word. Soek ‘n eenmansaak….gaan sê vir hom jy het probleme met pype – dra net asseblief daai stilletoes en Una se pruik en rooi lipstiek….vra mooi!