Die gemors begin gisteraand toe Bab vir Heuningbostee vra. Die lekkerny voer ek altyd van Graaff-Reinet in, die bossie groei daar in die Ooskaap, party mense noem dit plaastee. Dis blare tee en moet in die keteltjie op die stoof gebrou word. Maak dit al so lank , ek dink nie eens baie nie, voer net die ritueel uit. Maar gisteraand spoeg en spatter die kooksel deur die tuit en onder die deksel uit.
!#$%^& wat ‘n gemors, teewaer en blare wat soos bloed op ‘n moordtoneel oral inkruip en wegkruip. Ek probeer op die rustige Sondagaand kalm bly en oordink die insident nie. Boggerops gebeur.
Vanmore op my nugtermaag is ek oudergewoonte besig om die laaste water uit die een houer na die ander oor te tap sodat ons by die waterwinkel kan gaan hervul vir die week…so wragtig, iets wat ek gereeld doen, gaan en word ‘n boggerop. Dis water oor die vrieskas, op die vloer, oor my voete. Ek mompel binnesmonds vir my ma om te wyk, het al by bygelowiges gehoor dat dwaalgeeste soms jou herinner hulle is in die omgewing as water so mors en krane lek…
Rots met sy nekstut is al vandag drie weke aan die gang. Ons is halfpad deur fase een van 16 weke se herstel. Daar is bed wat skoon oorgetrek moet word, pa wat gehelp moet word om te stort, nekstut aan en af te haal, kossies vir die dag te berei, en so aan ensovoorts. Werk, werk, die rus is elders. So hardloop ek meeste oggende met die motor op vinnig gestel. Ek moet by die winkel ook aanmeld vir diens – dis mos hoe entrepreneurskap werk. Jy kies watter agtien uur jy werk…
Tussen alles deur bedink ek ‘n vinnige couscousslaai met oorskiethoenderflenters. Ek gryp die lieflike bottel Muiskraal olyfolie en toe ek so weg van die rak stap voel ek hoe glip die prop los van die bottel. Een liter prima olyfolie oor my vloer. Dank die kosgode ek is nie Italiaans nie, dan het ek nou baie jare se ongeluk in die oë gestaar.
!@@#$$%%^U&, wat ‘n gemors. Die honde en Rots het gelukkig niks gesien nie, maar ongelukkig baie gehoor. Manlief en die brakke het nie kom ondersoek instel nie. ook maar goed so.
Nou lees ek op onder die nuwerwetse denke oor goete wat gebeur en kom af op “Spitirutal Law of reflection – wat aan jou binnekant aangaan word reflekteer aan jou buitekant. Daar sal tipes mense en situasies in jou lewe herhaal, tot jy jou les geleer het. Klaarblyklik het morsende water en ander vloeistowwe betrekking op ‘n emosionele blokkasie van ‘n aard. Omdat jy opkrop – nou loop alles letterlik uit krane en bottels om jou…
Ek moet bely, ek is moeg, effe getap aan energie van die emosionele en fisiese soort, maar ‘n blokkasie of ophoop van emosies, goeie fok nee. Ek is heeltemal te lief om te ontplof en klaar te kry. Emosionele bagasie is nie die moeite werd nie.
So geeste en refleksies, lesse vat julle paai en waai. Ek issie lus vir nonsens nie. Gaan kuier by die agies. Hule is links verby
Ek is ook nie bygelowig nie Dankie. Jy klink net ingedagte. 18 ure en als….
LikeLiked by 1 person
Kan jy jou verbeel om te sit een oordink oor lompheid en moegheid…my bankrekening is rerig genoeg om oor te pieker.
LikeLike
Bio plus en gebed is al raad wat ek het
LikeLiked by 1 person
Die bid klink so:”Vader, vergewe my…” x 70 en ek is nie eers RK nie! 😉 Bioplus maak my soos daai batteryhasie, die Engergizer een, dis te veel. Ek sal vanaand een lang wyn oppiestoep suig, hopelik val dit in my keel af en nie op die vloer nie!
LikeLike
Goeie plan. Enjoy
LikeLike
O nee, jy stuur hulle asb Noordpool se kant toe! G’n niks kom oos nie!
LikeLiked by 1 person
Nee man hulle is verbeelgoed, ek het hulle met die mop vernietig…;)
LikeLike
😂Ag dankie tog!
LikeLiked by 1 person
Ek is nou bekommerd oor daardie tipes mense en situasies wat in jou lewe herhaal. Ek glo nou nie juis in reïnkarnasie nie, maar just in case … as ek nou nie al my lesse in hierdie leeftyd leer nie, dink jy dit sal oorstaan en voortgaan in my volgende lewe? Ek wil nie regtig al daai kak weer oorhê nie.
LikeLike
Kan jy jou verbeel een leeftyd se lesse is nie genoeg nie….Nee wat Hester, ek reken ons is soms net moeg geploeg en dan kom die boggerops. Dit waai gelukkig oor, en ons is mos nie van die kleinglo tipe nie, of hoe?
LikeLiked by 1 person
Nee wat, ek aanvaar dat die meeste van my “ongelukkies” toegeskryf kan word aan die feit dat my brein aanhoudend probeer multi-task.
LikeLiked by 1 person
Dis nes jy sê, multi-tot die derde mag.😉
LikeLike
Ek vermied jy voel so effe moegerig. Of dalk was dit alles sommer net heel toevallig. Hoop dit gaan binnekort sommer baie beter.
LikeLiked by 1 person
Water en olie meng mos nie, dalk kan jy die twee saam begin mors om die @#$%!^ uit te sort?
Kalmeer bietjie, dit sal beter gaan
LikeLike
Agt ure se slaap en perspektief het al die !@#$%^&& in hulle spore gestuit en ek het kosmaak op volspoed vermy…hehe. Dankie vir die goeie raad;) Groetnis
LikeLike
Dis definitief spanning wat mens so pap in die hande gee! Ek hoop dis vandag beter.
LikeLiked by 1 person