Ek lees flussies die volgende raak:”Min mense gee werklik om, die res is net agies.” Dis harde, waar woorde. Die geveinsde belangstelling as daar ‘n storie is, ken baie van ons alte goed.
Egskeiding, dood, siekte, skade, affairs, geweld, ongelukke, jou lotto meevaller en veral Ta Rapie se erfgeld laat vergete mense blitsig jou nommer onthou en skielik weer in jou handel en wandel belangstel. Langverlore kennise is skielik in kontak. Familie met wie jy ‘n eon gelede laas gesels het, onthou skielik hoe om jou in die hande te kry.
Ek het ook al self aan eie bas ervaar hoe, as jy met ‘n projek of in ‘n beroep presteer, daar twee goed gebeur en agies van verskillende foramaat tree na vore.
- Eerstens is daar mense wat soos ‘n mot na ‘n kers, jou naby wil wees. Jou sukses laat hulle goed voel. Jaag enigsins aan of tree uit die kollig, dan is die mense ook terug in die skadus. Weg. Jy dink jy kan op mense reken, dan staan jy maar bedremmeld eenkant op jou eie. Vra maar die beroemdes wat soos Icarus neergeslaan het…
- Tweede ding wat gebeur is die besef dat hoë bome lekker koel wind kan vang. Dis lekker daar bo, maar ai toggie net jammer van die aanhoudende, brandende, louwarm gepie grondlangs. Rerig irriterend, daais wat net misgun, wat nie self die moed het om voor te loop en te lei nie. Hulle wat jou nie rerig eers ken nie, maar beter weet. Pffft.
In alle geval, mens word gelukkig met tyd wys en versigtig. Die min mense wat werklik tel is immers kwaliteitmense en lief vir jou al weet hulle alles van jou. Vrinne en familie met wie jy soos ‘n klein Gideonsbende die lewe op die ondermaanse deurtrap.
Agies hou links verby.
Vir my handvol liefiemense – ek laaik julle kwaai, dankie. Julle is pasgemaak vir my.
Jip, dis soos ‘n reünie, almal is “bly” om jou te sien en te melk vir inligting omtrent jou lewe en ‘n week daarna versink jy in vergetelheid.
LikeLiked by 1 person
Hoekom is daar altyd diegene wat op jou battery wil piepie. Hoe kan dit hulle beter oor hulsef laat voel. Ek kan dit nie kop nie.
LikeLiked by 1 person
“It is not the critic who counts, not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena’ whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, who comes short again and again. Because there is no effort without error and shortcoming; but who actually strive to do the deeds; who knows great enthusiasms, the great devotions, who spends himself in a worthy cause, who at the best knows at the end the triumph of high achievement, and who at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly. So that his place shall never be with those cold and timid souls who neither knows victory or defeat” Theodore Roosevelt
Brene Brown het die aangehaal in haar Tedx Talk…
x
LikeLiked by 1 person
💐🏆
LikeLike
Ware woorde die!
LikeLiked by 1 person
Jong mense is maar net mense. Ek wil sê: die meeste van ons probeer ons bes. Maar ja daar is rerig mense wat daarop uit is om die beste te wees ten spyte van wat ook al of wie ook al in hulle pad is.
LikeLike
Ons almal trag seker ons beste, behalwe agies en bokse… 😉
LikeLike
Lol bahahaaaaa
LikeLike