Tata Toto

toto1

Toto 2011

toto

Toto

Jou naam kom van ‘n Latynse woord wat volledig (“whole”) beteken en spruit uit die keffertjie van die beroemde “Wizard of Oz”-fliek. Daar is gespekuleer dat die fliek se Toto en Dorothy die fisiese en geestelike in die mensdom simboliseer het. Die arme hondjie wat Toto in die fliek gespeel is was nie geliefd nie, Salmon Rushdie het in sy boek oor die fliek bely in “I couldn’t stand Toto. I still can’t.” Toto is “that yapping hairpiece of a creature, that meddlesome rug!”

Dankie tog jy het net jou naam met die brakkie in gemeen! Jy wat op my voete saam met jou boetie, Oscar, slaap terwyl ek skrywe. Jy wat onder die beddegoed bly lê en ek verplig is om die bed bo-oor jou op te maak, jy wat my nie eens los om alleen badkamer toe te gaan nie. ‘n Ewige teenwoordigheid met net liefde in jou kraalogies.

Die afgelope tien jaar kry jy en jou boetie Oscar ons by die hek. Laf en vrolik. Elke middag hol Oscar voor die kar uit en jy duik windmaker die beddings in. Op soek na daai muis of voëltjie om te kan vang. Spoghans Toto.

Vir tien jaar, week in en uit sonder enige voorval was dit jou ritueel en ons verwagting. As ons stop en die deur gaan oop sou jy in die kar klouter en natbek soene uitdeel en dan wag dat ons afpak en die kar finaal intrek – jy ry saam tot in die motorhuis.

Vir wat moes jy altyd op die jag uit wees? Waarom moes daar gistermiddag wragtig na al die jare ‘n voëltjie uit die bedding opvlieg en jy agterna, onder die bakkie se wiele in?

Ag my stinkasempie, ek is so jammer. Wat ‘n ongeluk. Jy by deurhaal verby seergekry en ons harte vol hoekom en seer.

Ek troos my dat jy voluit vrolik geleef het tot daardie oomblik. Ek is jammer dat jou seer so groot was dat ons die veearts vir genade vir jou moes vra.

Gaan hol lekker en vry daar by die vir-altyd-tuin. Blaf liefdegroete vir Rufus, Seuntjie, Cindy, Mandy, Frikkie, Waaksaam. Julle het ons lewens ryk gemaak.

Jou mensma

27 Comments on “Tata Toto

  1. Agge nee :-(.
    Hulle se diere het nie nodig om so oud te word soos mense – want hulle lewe van die begin af voluit. Ai – Jammer….trooswoorde voel stupid… Dink aan jou x

    Like

  2. Ag jammer man, dit moes ‘n verskriklike skok vir jou gewees het. Ek is jammer dat Toto so seer gehad het, maar bly dat julle die moed gehad het om hom te laat gaan en van sy pyn te verlos.

    Liked by 1 person

  3. My neef hat al 2 keer oor ‘n hond van sy ma gery, mees onlangs 2 jaar terug (sy is nou 80) en veral die laaste hond was baie erg. Neef is ‘n boer (ek het al oor Muldersbank geskryf) maar hy sal bepaald nie aspris oor die hond ry nie, Sterkte vir jou. Het vir ‘n oomblik Toto met Tonto verwar, die Lone Ranger se vriend

    Like

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: