In my Groot Woordeboek (AE/EA) vertaal misfit na wanaangepas. PFFT. Dis sommer nonsens. Wanaangepas beteken ‘maladjusted”. Waaraan sou mens wanaangepas wees? Wat is normaal, die meerderheid se norm? Agfokkieasseblief!
Ek is nog altyd ongemaklik met die norme wat die samelewing voorhou.
Ek wil nie ‘n verbruiker wees nie. Ek wil nie koop omdat ander koop nie. Ek wil nie die etiket dra nie. Die Volvo, die Micheal Herbelin, die Nike, die huis op skuldbult – dit staan my nie aan nie. Allemansvriend, 1000 Facebookvriende – wat ‘n bogspul.
Op skool is ek uit die algebraklas gejaag omdat ek te veel keer gevra het hoekom ek nodig het om te weet a+b=c. Kon op die stoep storieboeke lees. Meetkunde punt het gesorg dat ek deursleep.
Ek is moeilik met eretitels. Ons is almal een God se skepsels. Kwalifikasies dwing nie outomaties respek af nie. Die ambagsman wat sy ervaring met bloedsweet verkry het is dikwels op ewemensvlak strate meer verdienstelik om respekte te ontvang, as die erg-gegradueerde wat sy ereetitel opeis! Agfokkietog en dan die mevrou wat dokter of dominee se titel byvat. Bleh! Skaars matriek gehaal…
Kalil Gibran skryf so mooi dat ons elkeen soos individuele bome aan ‘n rivieroewer staan. Elkeen uniek, maar ons staan vas op dieselfde oewer, ons wortels ineen opsoek na die selfde water, ons blare ademend aan dieselfde lug. Saam, maar apart. Ons sielewerk ons hooftaak op hierdie aarde. Dan al die ander goed soos daaglikse brood, en so aan ensovoorts.
Ek is gek na sy raad vir liefdesverhoudings:
“Let there be spaces in your togetherness, And let the winds of the heavens dance between you. Love one another but make not a bond of love: Let it rather be a moving sea between the shores of your souls. Fill each other’s cup but drink not from one cup. Give one another of your bread but eat not from the same loaf. Sing and dance together and be joyous, but let each one of you be alone, Even as the strings of a lute are alone though they quiver with the same music. Give your hearts, but not into each other’s keeping. For only the hand of Life can contain your hearts. And stand together, yet not too near together: For the pillars of the temple stand apart, And the oak tree and the cypress grow not in each other’s shadow.” ― Kahlil Gibran, The Prophet
En dan is het so dankbaar dat ek dié super onpas mens teëgekom het: Lidia Yuknavitch Lees tans haar The misfit’s manifesto.
Dankbaar ek het, soos sy beduie, die pas-in-by-die-massa-bus- gemis!
“Missed fitting in,” wat ‘n seën.
Luister en onpas saam! Dis ‘n lekker pad, die een ondeurgetrap.
Hierdie vrou se rou eerlikheid maak my bang.
LikeLike
Hoe so?
LikeLike
Het nog altyd sulke mense baie, baie moeilik gevind om oor die weg mee te kom, in situasies waar ek nie die opsie gehad het om eenvoudig om te draai en weg te loop nie. Eintlik beleef ek so ‘n persoon as ietwat moedswillig!
LikeLike
“the radiance falls on all of us, and we are nothing without each other.”
LikeLiked by 2 people
Om in te pas is veilig…
LikeLike
Men wou sê “fok veilig” maar menz sal maar liewer nie. Doen wat JY wil, nie noodwendig soos die skare wil nie….
LikeLiked by 2 people
Mens leef net een keer…😉
LikeLike
Ek probeer al my hele lewe lank om in te pas en ek kry dit nooit heeltemal reg nie. Ek kry altyd die gevoel dat ander mense ‘n bietjie ongemaklik is in my geselskap. Maar ek moet erken, sommige mense gaan uit hulle pad om “anders” te wees en dit irriteer diie hel uit my uit.Wees ordentlik sodat ek jou kan laaik.
LikeLike
Pretensie sal altyd uitgevang word, mens moet net nie reguit en outentiek daarmee verwar nie. Dan ook projekteer mense hulle griewe omdat die kyk in die spieël nie altyd mooi of lekker is nie.
LikeLike
Aspris anders is net pretensie. Dis nie eg nie. Die onpas wat hier ter sprake is gaan oor outentiek en deurwinter te bestaan.
LikeLike
Menz is ook soos die rooi vissie ….
LikeLiked by 1 person
Yl gesaai, die klein bende. Ek waai vir jou uit my stil hoekie.😉
LikeLiked by 1 person
MenzseMan het Woensdag-aand amper ‘n oorval gehad oor die blou strepe in my hare … *sug*
LikeLike
Hehe, myne moes al met posbusrooi en ander kere pikpers leef.
LikeLiked by 1 person
Self, was al van papierwit tot bloedrooi tot blouswart ….
LikeLike