ride thermals

Die pers stasie kuier vanoggend met ‘n motiveerder, Kate Emmerson. Sy reken klein treetjies is ook ‘n begin. Al pak jy net jou bedkassie reg, dis ‘n begin om van bagasie en apies en al daai kakkies ontslae te raak.  Sy haal ook ‘n ander motiveerder aan, en ek het blonder as blonde oomblik.

Het nie met volle aandag geluister nie. Ek kyk innie spieël en ek sien net ‘n raaisel. “Stop flapping and ride your thermals. Flip, ek kan nie kop of stert uitmaak wat sy bedoel nie. Ek is redelik ingelig…en heeldag mor ek met myself oor hoekom ek dan nou nie verstaan wat sy bedoel het nie.

Ek sien net hierdie ou wat sy warm onnies moet uitry…maar hoe? Bloots op ‘n perd?  En hy maak soos daai outydse dansers (Flappers) uit die Gatsby tyd? Nee,genade – wat het Martin en Tumi verstaan – of het hulle ooit?  Hulle het dit so agterna gesê…

onnies

Wel nuuskierige ek besluit om te soek wat bedoel word met “Stop flapping and ride your thermals.”  Dis toe nou heel voëls van anner vere wat dié mee te make het, nie onderklere nie….Bwahahaha!

Dis die lug se “thermals” en die voëls wat so sonder vlerkklap daar kansweef – vry en hoog!

thermal

 

Ek kan nie ophou lag nie….

flappingeagle

 

 

 

 

Jy plas nie soos ‘n pikkewyn rond nie, nee, jy vang die bries en vlieg soos ‘n arend…

Die vrou het die wyse woorde geleen by De Witt Jones.  Hy verduidelik dat mens soms op die rand van die afgrond jou sprong moet waag, al kan jy nie die wind lees nie. Jy moet glo en vertrou en dan alleen kom daai vry sweef van sukses en die wete dat jy presies doen wat jy moet.

Ag, “Sweef soos ‘n arend” sou dadelik vir my die regte beeld voor oë gebring het, nou sit ek met die ou in sy warm onnies bloots op ‘n perd of esel….hehe.

Leer hoe om jou “thermals” te ry:

http://dewittjones.com/resources/stop_flapping.htm

Mooi sweef! Goofy gaan my lank by bly as ek die arend sien sweef. Eish. Plat met ‘n plank geslaan. Konteks is belangrik, né.