Waarna jy soek, soek ook na jou…

24785401_1710051799026913_2165353082811654114_o Ek is gistermiddag vodde gewerk, en blaai blaaskanstyd sommer so deur die Vuisboek. Boem! Tref die Hanli Kotze skepping my! Sy het die mooi net twee minute vantevore gepos op haar muur met ‘n te koop boodskap. Ek het nog nooit so vinnig geskarrel om iemand te bel nie!

Ek het haar mooi kuns en woorde in LÉÉF tydskrif leer ken. Toe op ‘n dag bt my gunsteling gallery vier afdrukke gekoop en laat raam.  Jare gelede in Potgietersrus, het ek  in ‘n oudhede/kunswinkel ingestap  en daar tref ek “Jan en die boontjierank” aan. Hy hang in my gang, daar waar ons baie verbyloop en inloop, en hy praat en gee jou drukkies en herinner ons ewige huis is nie hierop die ondermaanse nie.

Vier afdrukke met die mooiste mooi woordwonders soos net Hanli kan, stil my verlange na my geliefde Camdeboo en Great Expectations huis so ver daar in Graaff-Reinet.  Die een skildery se woorde: Ons huisie wag oopmond….. ag, ek pak sommer.

En so neffens die ablusie/dinkplek/troon, bokant die mooi groen Ouma emmer en koos, hang vier plekmatjies met Hanli-woordkuns.

My liefde het na baie

draaie op die highway beland

Jy bou vir my ‘n baksteenhuis

na my verre reis

voel ek tuis”

en

“Jy bring vlerke vir my woorde

‘n oseaan om in te vlieg

En ek reis

      ek reis

na ‘n plek met space

Ek het toe ek Soek-soek opraap, die geleentheid om met haar te gesels oor wat my so ontroer dat ek die skildery wil koop. Lekker dat sy wil weet.

Dit is my kinderlike oortuiging dat vir ons, elke-haar-getelde lieflinge, is daar met Sy wonderbare hand ragfyn bedraad al die boeke en kuns en mense wat inspireer en wanneer die tyd reg is, jou pad kruis . Daai heilige toeval, daai onverwagse geluk, ‘serendipity’ soos die Ingelse sê. Daardie oomblikke is dikwels klein bekeer momente, soos Izak de Villiers een Pinkster in Polokwane vir ons geleer het.

Gister het God vir Hanli en my weer laat paaie kruis. Sy pas Soek-soek klaar geskilder en ek diep onder die indruk van genade wat ek weer die week ervaar het.

Terwyl ons so oor die telefoon gesels, voel dit asof Hy sommer so ons hare deurmekaar vryf en sê: “A, my kinders, dis hoe julle saam moet loop en My eer.”

Met lekker warm harte het ons mekaar gegroet. Soek-soek kom Maandag by my bly. Ek het klaar hangplek in my kantoor sodat ek deur my werkdag sal kan opkyk en onthou van stormsee en engele en genadevissies en heilige toeval.

9 Comments on “Waarna jy soek, soek ook na jou…

  1. Haar werk is vol siel – en sussie Mariaan Kotze sin ook mooi. ‘n Kunstenaar familie, die pa ook heel famous. Hanli sin vertel ‘n hele storie in een prentjie. Pragtig x

    Liked by 1 person

  2. Hanli, wat n blessing om in jou aura te kon wees….jy het sprankel. En vanoggend, toe ek weer my piepklein woordkunsies herleef teen my deurkosyn, weet ek……12 jaar gelede het jou woordsaadjies op my hartstuintjie se “goeie grond” kom val….. “EK WIL DIE SEE VIR JOU GEE”…..
    “JOU LIGGAAM IS MY HUIS WAARIN EK VEILIG VOEL”… “DAAROM WIL EK IN DIE GROND GAAN GROU TOT EK VRUGBAAR WORD VIR JOU”….. …….en ek besef……DIT waarna ek toe al gesoek het, het my ook gesoek…

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: