Soos meeste ander Afri-forum lede , het ek my sms gekry om deel te neem aan die optog na die unie geboue op die 25ste November 2017. Ek is seker , baie nie lede en belangstelendes het ook soort gelyke uitnodigings gekry Ek het ‘n spesiale belang by plaas moorde! My pa en my jongste […]
Ek kan nie saam stem nie. Ons is die nageslag van die Ja stemme en bitter min van ons koop nog hierdie bullshit(skies dis kras) storie van ‘n reënboog nasie. Seker omdat ons baie bedrywig is op social media en self sien hoe opgevoede monsters agter skuilname vertel hoe ons moet voetsek terug na ons land (ek het geen idee waar dit is, my familie is al 600 jaar hier) so mens kou swaar as jou eie ook begin sê vreet dit of voetsek.
LikeLike
Al die bullshit oor die reënboognasie koop ek ook nie. Ek koop wel dat ons met verdere onderskeiding en kategorisering van slagoffers, vergeet dat daar mesne oor die spektrum van kleur en kultuur verniel word. Ek bly op ‘n plaas en jy kan nie glo wat die werkers mee te doen kry in hulle eie woonplekke nie. Die Malemas en Hofmeyers en al dies wat kan raas en blaas maak ‘n skamele klein persentasie van hierdie land se bevolking op, maar maggies hulle word na geluister soos kerk. So word die meeste Suid-Afrikaners deur die verbale minderheid links en regs van ons verskreeu word tot in ons hoekies. Dis waaroor die skrywer waarsku.
Wat ons herkoms betref – ons is reeds tuis, net waar Miesies Ples ons oer-oer Ouma se nageslag van hier noord begin trek nie.
Ons moet maar net leer saamstaan en raasbekke stilkry. Dis die droom. Spookasem lyk dit my.
Groetnis
LikeLiked by 1 person
Ek voel presies so. Regtig, vandag is ek net moedeloos. Vandag voel regtig soos spookasem. Jy het dit wat ek vandag voel, so mooi in woorde gesit. Miskien is môre beter
LikeLiked by 1 person
Ek is bly as jy afgeblaas het! Ek skink vanaand namens ons almal ‘n cardbodeaux!
LikeLiked by 1 person