In die land Misgund gaan dit maar rof. Almal sukkel om kop bo water te hou. Daar is maar soveel koek om te eet, en die bakker se standaarde het so gedaal dat die koek maar al hoe skrapser raak.
Daar bly ‘n gawe man in die land. Hy is so bietjie anders as die deursnit Misgunner. Hy glo dat as jy die hele koek vir jouself hou, gaan een van twee dinge gebeur:
- Jy gaan te veel koek vreet en dan braak jy as gevolg van jou vraatsug
- Die koek gaan sleg word omdat jy te lank neem om die koek op te eet
Die man, genaamd Mededeelsaam, het nie omgegee dat klomp Misgunners van die koek waarvan hy die meeste gehou het, ook wou eet nie. Elkeen sou darem nog ‘n billike snytjie eet.
Maar hy het hom misgis met die etos van Misgund. Iemand wil altyd meer as die ander ou hê, maak nie saak wat of wie in die slag bly nie. Maak nie saak dat Mededeelsaam met sy omgee hart menige Misgunner in nood bygestaan het nie. Dit beteken net mooi niks.
Die rasegte Misgunner kan net oor homself kommer. Die Midas apteek was permanent uitverkoop aan “Ek wil allles hê-tinktuur.” Die tinktuur het mense nogal grootkop gemaak. Prins Misgun die Derde was verslaaf hieraan. Hy het vinnig vergeet hoe Mededeelsaam sy snytjie koek met hom gedeel het toe die nood hoog was. Bogger gevolge, te duiwel met die hemp, baadjie, toekomsdrome wat hy metterwyl ook Mededeelsaam ontneem, wil hy sommer toe op ‘n dag Mededeelsaam se stoel ook hê. **
Mededeelsaam se hart is gebreek, en hy het maar emigreer na binne. So eenkant die vegtery van die mense in sy land gadegeslaan. Eendag sal niks hiervan saak maak nie, het hy homself getroos. Maar sy gesin se honger oë en vrae was bitter wonde om te dra.
Moedeloos sit Mededeelsaam een goeie dag onder ‘n boom en ‘n man kom verby.
“Mededeelsaam, wat sit jy so, het jy nie werk nie?”
“Nee, ek het nie meer werk nie. Prins Misgund die derde het alles by my weggevat. Ek het nie eers meer ‘n stoel nie,” antwoord Mededeelsaam mismoedig.
“Kom ek vertel jou ‘n geheim. Daar is ‘n nuwe land, jy is ‘n geskite kandidaat. Bring jou geliefdes en kom saam met my,” nooi die vreemdeling.
“Moet ek iets pak, daar is nie veel nie?”
“Nee wat, los alles net so hier. Daar is oorvloed van alles wat jy en jou geliefdes nodig sal hê,” vertel die man vir Mededeelsaam.
Tipies, vra Mededeelsaam:”Kyk, hoe gaan dit hier in Misgund, moet ons hulle nie ook vertel nie? Miskien sal die vegtery ophou.”
“Nee wat, hulle is lankal ingelig, maar weier om sonder al hulle besittings saam te kom, los hulle maar,” sê die man met ‘n hartseer trek.
Mededeelsaam en sy gesin vetrek die nag sommer al na die nuwe land.
Gou is hulle gevestig en gelukkig.
Een goeie dag is daar ‘n geraas by die hekke van die nuwe land. Dis Prins Misgund die derde. Hy is verheug om Mededeelsaam te sien: “Mededeelsaam, maak vir my oop! Kyk ek het al jou goed saam met myne gebring, ek wil dit terug gee. Ek wil saam met julle kom bly…”
Mededeelsaam trek sy skouers op: “Ek het nie die heksleutel nie…”
**Dr. Elsje Buchner van die NG Kerk La Rochelle, Oakglen, Belville het raakgepiets met die oordenking en my op die storie se spoor gesit. Vroegoggendgedagte 16 Oktober 2017
Kunswerk op die foto: John Baldessari, “Tincture of a Person Who Wants Everything,” Mixed Media, 1996. Courtesy Jancar Gallery.
Meesterlik! Jy slaan die spyker op sy kop.
LikeLiked by 1 person
Wow Tannie Erna. Die een het Tannie raak geskryf. ‘n Les vir ons almal xx
LikeLiked by 1 person
Aan eie bas geleerde wysheid…bly as dit iets beteken.
LikeLike
Ag man, mens lees so lekker by jou. En daar is altyd ń uitstekende lessie by. Met humor.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy dit geniet. Wens Prins Misgund die Derde besef wie hy in die regte lewe is…
LikeLike
Jip. Maar dit sal seker nie gebeur nie?
LikeLike
Nee, die mens dink hy is volkome reg en in beheer.
LikeLike
Uitstekend geskryf!
LikeLike
Dankie.
LikeLiked by 1 person
Lekker gelees.
LikeLiked by 1 person
Ek het toe Stefanus en staande Jesus ook uitgeskryf. Dankie vir die rigtingwyser, Danie.
LikeLike