Nou wat hierna volg, gaan my seker ‘n klomp aanhangers en vriende kos. As mens moet, dan moet jy.
Blogland en Vuisboek is vol swart plakkers. Ons moet nou swart dra om ons boere teen plaasmoorde te help en ook om dit te voorkom. Ek het nooit geweet hoe plakkers en t-hemde sulke goed voorkom nie.
Onthou jy daardie foto van daardie kind wat sit, hopeloos van hongerte uitgeteer, en die aasvoël wat sit en wag dat die kind moet doodgaan – kitskos. Julle ken mos daai foto? Of nie:
(The vulture and the little girl is a noted photograph by Kevin Carter which was sold to and appeared (for the first time) in The New York Times on 26 March 1993. It is a photograph of a frail famine-stricken girl collapsed in the foreground with a vulture eyeing her from nearby. She was reported to be attempting to reach a United Nations feeding center in Ayod, South Sudan sometime in March 1993)
Verbeel jou iewers in ‘n regeringsagterkamer is ‘n langtermynplan bewimpel wat soos volg lyk: Ons is nou die arme so arm as moontlik. Hoe hongerder almal raak, hoe minder is lewens werd. Ons raak ontslae van hordes mense deur hongersnood te bewerkstellig en waterbronne nie te versorg nie. Dan kan ons land in die nabye toekoms heel moontlik soos iets uit Deon Meyer se Koors lyk, of soos die foto.
Sê nou, in hierdie dae van korrupsie, magbeheptheid en anargie, die langtermynspel van ons regering se gierigaards is, om soos in tye van ouds tydens die Ierse Aartappel hongersnood en ook die Bengaalse Rys hongersnood (hulle is dood van honger terwyl hulle rys moes oes), kos en water min genoeg te maak om van ‘n grootte gros van die bevolking – lees die armstes van die armes – ontslae te raak. Rykes en rykdom bly versorg agter heinings en beskut deur veiligheidswagt en die massas in landelike gebiede sit en vergaan van die honger. ‘n Oorlog oor honger en waterskaarste. Dit maak my bang en ek dink nie dit is die raamwerk vir ‘n distopiese roman wat ek beskryf nie. Eendag is nou-nou.
Dit is maklik om oortuig te wees van ‘n sinistere plan met die moorde oral. Destabilisering van die landbou beteken mense gaan honger raak in die toekoms. Minder, duurder kos ons voorland. Oor die onbekwame bestuur van hulpbronne, veral water, wil ek nie eers uitwy nie. Maar ek weet darem nie – kan sulke bose planne gesmee word as al wat op die agenda selfverryking en eiebelang is? Het hulle tyd om sulke goed uit te dink?
Die warrel denke begin toe gister met ‘n betraande Vuisboek video van ‘n vriend van die vermoorde Klapmuts boer. Al dra jy net ‘n swart t-hemp, pleit die stukkende man. Ek sluk swaar aan die knop in my keel, en deel sy dankbaarheid om ‘n nuwe dag saam met geliefdes te geniet. Die Jordaan gesin van Klapmuts sal egter nooit weer die voorreg hê nie.
Oral is foto’s van die verslae seun wat sy ma omhels, die bloedige gang. Ons almal kyk – nes die bleddie bloeddorstige Romeine. My binneste brand rooi van ergerlikheid. Hier op ons buurdorp is ‘n 81-jarige vrou gister in haar aftreeoord woonstel vermoor. ‘n Jong 21-jarige wildsplaasbestuurder is koelbloedig afgemaai.
Ek weet ons voel oorweldig. Maar wragtig wat gaan ‘n t-hemp verskil maak? Ons moet kers opsteek by die vryheidsvegters van weleer – hulle het in massa die land tot stilstand gebring. Nie Miljoene op ‘n keer nie, wel groepe oral.
As elke Landbou-unie se lede elke dorp se hoofstraat betrek saam met dorpsmense en strate vol parkeer en al die tannies en kinders trek dan ook swart t-hemde aan en toi-toi en op elke dorp word ‘n memorandum aan die plaaslike polisiehoof oorhandig, en ons raas en lawaai vir so ruk daarna en gee hulle dan ‘n redelike kans om ‘n plan te maak, en as hulle nie iets doen nie, dan maak ons almal weer so. Ons moet petisie, ons moet saam staan. Ons moet saam….ons moet….saam. Maar ons weet nie hoe nie. (Lees naskrif hieronder ivm Maandag 30 Oktober se swart t-hemde…..)
Dis ‘n toekomsvisie van die onmoontlike soort. Ons ken nie van saam staan nie. Sosiale media is soos ‘n sus-jou-gewete-beeldpoets-pleistertjie vir jouself, om ander te wys jy gee om. ‘n Swart t-hemp gaan nie hierdie distopiese toekomsblik verhoed of omkeer nie. Vuisboek profiele en t-hemde om bewussyn te skep, daai vlieër se stert is af. Hy sal nimmer vlieg. Om smse en whatsapps rond te stuur – hou net die netwerke ryk, dit gaan nie een lewe red nie. Fokkit, rol liewer jou moue op en reël ‘n toi-toi of massavergadering. Gaan skreeu op die burgemeester of iets.
Oor bid wil ek nie praat nie, oor hulp van buite….pffft! Oukei, ek sal kalmeer. Kom ons luister eerder na die stemme van rede.
Ons moet eerder saam met Susan Coetzer so maak: “Daarom plaas ek my hande op my hart en vra ek Hom om my steeds ‘n sagte hart van vlees te gee om oral waar ek gaan nuwe vriendskappe te probeer inisieer oor die gapings. Om brue van hoop te bou. Om Sy Naam ontwil. As jy nie ‘n standvastige leier met integriteit ken nie, word jy dan een in jou klein invloedsfeer. Elke bietjie lig help. Ons het baie meer goddelike leiers nodig om saam ‘n nuwe hart vir hierdie land te vorm.”
Ook stem ek met hierdie saam: “What is really required is people willing to stand up for what they know to be right, backed up by evidence, and more importantly, a sense of right and wrong. People willing to go into their communities (luckily, South Africans tend to be social people) and stand up for the individual. I can make no guarantees that we will ever achieve true freedom here but I know for a fact that if we all stand on the sidelines waiting for someone to do the work for us, the battle is already lost. So, stand up for liberty, in your workplaces, your social circles and your schools. The information is out there, particularly, I’ve found FEE useful for getting ideas about the effects of government policy on economic liberties, the Mises Institute is my go-to for public domain digital material on classical liberalism and liberty, and the FMF is where you can get detailed discussions on issues of liberty in the SA context.” – Mpiyakhe Dhlamini
https://www.graaffreinetadvertiser.com/News/Article/General/concerned-residents-hand-over-petition-20171025
NS. Kersie op die skuinskoek van stukkende Suid-Afrika – ‘n Whatsapp boodskap doen die rondte dat “Miskien het hy dit uit onkunde gedoen, maar ons moenie vir die swart t-hemp man luister nie! Dis Halloween op 31 Oktober – die swart t-hemp ding gaan ons almal duiwelsaanbidders maak. F.. my pienk. Rêrig? Ernstig?
Luister maar na ander stemme – en kry daai blink gedagte wat ons nou drasties kortkom om werklik iets in ons mooi land te laat verander….
Ek voel ook soos jy.
LikeLiked by 1 person
Sien: Vurig vee sy die sweet van haar voorkop Lees: verligting om mede-reisigers te hê. 😉
Lees nou net Ernie Els is in die twiet oor sy 140 letters oor plassmoorde….eish
LikeLiked by 1 person
Weet jy, ek weet nie wat om te doen nie. So ek dra maar my swart t-hemp. 🙂
Nie oorlat ek dink dit gaan ‘n verskil maak, of ‘n lewe red nie. Maar omdat ek rou. En uit respek vir boere. Dis al.
Ek dink almal baklei te veel en probeer ander mense oortuig hul eie opinies is beter as die ander. Dis hoekom niemand van ons ooit kan saamstaan nie. Elkeen wil die laaste woord hê en niemand gun iemand anders ‘n stukkie son nie.
Ek praat nooit kerk of politiek nie, mense baklei te veel daaroor. Maar ek hoor beslis ook wat jy sê. En stem tog saam ook. Maar ek gaan nogsteeds my swart dra Maandag 🙂
Verder weet ek nie eers meer wat om te sê nie. My hart ween oor ons eens mooi land. Dis al.
LikeLiked by 3 people
Oor die rou deel en respekte stem ek volkome saam vir die swart t-hemp, maar al die ander goete…ek skreeu so want ek weet ook nie.
LikeLiked by 2 people
O jinne ja, ek dink niemand weet nie.
En ek is nie eers sarkasties as ek sê my kop is RERIG te plat vir politiek nie. Maar wat hier gebeur is nie reg nie. Twee mense by my werk het in twee jaar hul mans verloor a.g.v. plaasaanvalle. Dis mense wie ons ken. Mense in ons kringe. In ons gemeenskap. So hartseer.
LikeLiked by 1 person
O en ek bly nog hier lees hoor, al gaan jy nie swart dra nie
(grappie oor die swart!)
LikeLiked by 1 person
Hehe…miskien as ons praat en skryf kry iemand ‘n blink plan. Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Ek stem met alles saam wat jy sê. Maar ek ondersteun die swart klere. Ons boere voel uitgelewer en ek dink dit sal ons moraal goed doen as ons weet die mense van ons land voel vir ons. Nee, dit gaan ons nie beveilig nie, ons sal dit self moet doen. Ek gaan ook vas, soos ek al baie dae in my lewe gedoen het. En as die halloweens wil saam swart dra, is hul welkom. 😁
LikeLiked by 2 people
Net so verjaardag Toorts, net so. Ons bly self op ‘n plaas. En ja, daar is plek vir almal in die omgee brigade
LikeLiked by 1 person
O, en ek neem niemand kwalik wat enige ander kleur wil dra nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek dink die dra van swart hemde en die geskreeu op sosiale media is ook maniere om aandag te trek sodat meer mense bewus word van die feite. Ons het met die waterkrisis hier dieselfde paaie begin loop. ‘n Groep van 8000 lede op faceboek het begin om petisies te teken, direk met die ward councillors te praat, ‘n belofte gegee om geldelik by te dra tot ‘n massa lawsuit (Afrikaans?), vir Carte Blanche genader om ‘n ondersoek te loods en nog meer. Skielik begin dinge roer – ons het vandag ‘n skedule gekry van dae waarop water afgesny sal word vir werk en onderhoud aan die pyplyne. Klein begin, maar dit werp vrugte af. Wat die buiteland betref: hulle het lankal hulle hande gewas van Afrika en Suid-Afrika ook; ons redding lê by onsself, al begin ons net om ‘n swart hempie te dra. Ek lees ook nog hier by jou en as jy wegloop van my af, kom ek jou haal.
LikeLiked by 2 people
Ek sal ook my hemp dra, maar daai tevrede draadsitters en so maak my binnegoed brand. Lief van julle om my skreeu toe te laat.
LikeLiked by 1 person
Ek hoor jou. Dit laat ‘n mens magteloos voel en ons is nie regtig sonder wapens nie – ons het stemme.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam met jou, swart dra gaan nie ‘n daadwerklike verskil maak nie, maar did ‘n begin. En as ons nie erens begin nie, gaan ons net nog meer in die kak wees.
LikeLiked by 2 people
Ja, doen is die werkwoord.
LikeLiked by 1 person
Die gemiddelde mens weet net nie wat om te doen nie, ons voel magteloos
LikeLike
Ek stem
LikeLiked by 1 person
Ek gaan nie swart dra nie, want dit gaan geen verskil maak nie. Ek dink egter dis hoogtyd dat ons self inspring, soos wat jy ook sê.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek sal Maandag swart dra as teken van rou… Dinsdag is Halloween die 31ste…. so die wat wil of kan, kan die rou ondersteun met ń geruste rouende hart… Behalwe vir bid is ek nogsteeds papwiel en wens ek ek het antwoorde gehad….
LikeLiked by 1 person
Ek dra my swart want ek rou en ondersteun die boere.
LikeLiked by 1 person