Ek lees stadig en met verdrag, aan Zen Flesh, Christian Bones want goete is is so eenvoudig dis gekompliseerd.
In my siel is ek so dankbaar vir die dinkjuwele wat ek raakloop.
Hier is een is ‘n kort kragtige storie wat my stil laat sit en dink het:
‘n Ongelowige man konfronteer meester Isu.
“Jou God word beskryf as die één ware God, die God van liefde. As dit die waarheid is, waarom ly Sy kinders so?”
Isu antwoord: “As daar ‘n antwoord vir elkeen is, is daar nie één God nie.”
Met die aanhoor van die woorde is die ongelowige man se hart oopgebreek.
Kapow.
God is nie vir ons lyding verantwoordelik nie.
God leer ons nie lesse in lyding nie
Hy begelei ons wel in Sy liefde deur watookal op die ondermaanse ons mag oorkom.
Hy is lief vir ons met al ons geite, onvoorwaardelik. Soos die Afrikaspreuk sê: “Die een wat jou liefhet, het jou lief met al jou vuillis.”
Dis darem ‘n lekker wete, dis hoe God vir ons elkeen lief is.
Een liefdevolle God vir ons almal.
Dit wat ek hieruit leer: Ons kan nie vir mense in pyn, lyding, skok, seer vertel dat “as God jou tot hier gebring het, sal hy jou daardeur bring nie.”
God bring jou nêrens nie, jou keuses bring jou tot ‘n punt of op ‘n plek. Wat God wél doen is om in enige omstandigheid jou nooit te verlaat nie.
Ek stem heeltemal met jou saam. Ek sukkel regtig met mense wat sê God is verantwoordelik vir ons leiding en sleg. Meestal is dit ons eie keuses wat ons daar bring, en ook nie die duiwel nie. Sommige dinge ja, soos om kinderloos te bly as jy ñ kindjie begeer, dit laat ñ vraagteken in die gemoed. Maar eendag sal ons ons antwoorde kry. Vir nou; God is God.
LikeLiked by 1 person
Amen!
LikeLiked by 1 person
God is God en God is Go(e)d….
LikeLiked by 1 person
Amen!
LikeLike
Ja, goed gestel.
LikeLiked by 1 person
Beeldskone waarhede… bottom line is wat kies ek en jy??
LikeLike
Aan die wyse man se kant wil ek meer doelbewus wees! Groetnis
LikeLike
Ek beslis ook…
LikeLiked by 1 person
God is good all the time. God help en lei en ondersteun ons met alles, selfs al maak ons verkeerde keuses. God het ons net lief.
LikeLiked by 1 person
Amen ja.
LikeLike