Lekkervurig fort

Ek moet berig dat dit hier in die Verre-Noorde so twee ure suid van Oom Bob se domein wild gaan. My brein is effe links gef.., my siel potblou gekneus.

Die skuinsgeit van die week, wat my so links van  Lieve Una op die onderste trap laat neermoer het, het vroeg kop uitgesteek.

Veeleisende kliënte wat meer as hule pond vleis eis, en danksy my goedhartige Rots, dikwels kry, sal sowaar laat weet “hulle klant is met verlof en het hulle nog nie betaal nie, so ons gaan ook nie betaal word alvorens Lord Oom Piet van verlof teruggekeer het nie…” Die gevolg, die hond byt die kat, die kat byt die muis, die muis byt vir Baba, Mama huil saam met baba en pappa skop die hond, en so aan, ensovoorts. Sela.

Maandagaand reën dit in Polosekwane. So 30mm in die stad, en klaarblyklik ‘n wolkbreuk oor een spesifieke huis waar ons onlangs ‘n kaggel installeer het en die kliënt nie ore het nie, en met nat hout vuurgemaak het en die hele kaggel en skoorsteen opgefoes het met soet en hars, en ons alles oor moes doen. Ja, die duiwel is in detail…julle raai reg…daar is ‘n lek. Jo, maar die vrou gee jou nie kans om te beduie jy sal kom regmaak wat verkeerd is, nie. Sy wil ook nie hoor dat daar niks nat in die plafon, in die skoorsteen of binne in die kaggel is nie. Sy wil ook nie hoor dat roes nie sommer binne ure op gietyster vorm nie. Sy wil nie hoor dat jy maar vrede ter wille ‘n versekeringseis ingestel het om die sakie te beredder nie. Lang skreeustorie kort – die vrou sal vir my ook vertel ek makeer en het professionele hulp nodig. Rerig…ek dog my fokjoupilletjies werk!

Toe gister met my klaar is was my siel erg gekneus. Ek moes lank stil gaan sit en onthou ek is meestal die mens wat my honde reken ek is.

Vanoggend kom die nuus. ‘n Boetebessie van die provinsiale soort is by haar huis wederegtelik van haar werksvoertuig ontneem. Nou vertel die leser van krom Afrikaans op die raadlose-SAUK-draadloosstasie “dat ons in Limpopo maar liefs nie moet stop as die spietkops ons afkeer nie, want net nou is dit die skelms!”  Flippit. Gee die blessitse motormaak en registrasienommer, dan weet ons darem vir watter spietkops om weg te ry. Kan julle nou dink as ons almal vir alle spietkops wegry…massa chaos, of nie, want mens sien hulle ook nooit waar hulle nodig is nie.

Nog is het einde niet:  Gister, net buite die Limpôpô se hoofstat, is ‘n voertuig van die buurland van Oom Bob met geweld deur tsotsies afgetrek, een insittende vermoor en die res van alles behalwe die voertuig beroof.

Dan, onderdorp by die grafplaas is nou bekend as mini-Lagos (soos in beset deur Nigeriërs, en net so wetteloos soos hulle moederland) en gereeld hoor jy van skietery en lyke, en brandende voertuie… Gereeld kan jy nie daar ry nie, soms moet jy omdat ou winkels wat jy al jare ondersteun se adres nou in die gevaarsone gesetel is. Dis net kroeks, g’n koeiseuns met blinksterre op die bors wat jou sal red nie. Gaan binne op eie risiko.

My bestuurder van huishoudelike sake sit toe mos nou die kersie op die skuinskoek. Hulle het self nou die aand nie ‘n oog toegemaak nie. Tien huise in hulle Bergnek buurt is met geweld en gewere binnegestorm en spaza-eienaars van inkomste en plasma teevees beroof. Dit was ‘n oorlogsone – geskreeu, gedreig, geweerskote.

My kinders van ander ma’s wat by my werk vertel my dat ons almal maar wakker moet loop, die skelms het ook swaar onder die huidige ekonomiese klimaat en het nie inkomste teikens behaal nie. Hulle moet nou voor Krismis vinnig inhaal, die vakansie lê voor.  Van Dikgale tot Musina, armmanshuis, rykmansbuurt – jy het iets wat iemand anders wil hê.

Wees veilig liewe bloglanders, ek glo die verskynsel in Limpôpô is pandemies.

Ek gaan nou maar my lekkervurige geaardheid vat en ‘n komberstent in my eetkamer bou en maak of Cardbordeaux rooi Liquifruit is – jy weet, met ‘n strooitjie drink. Tjeers.

Of ek sal net inkleur….

blanket-fort-coloring

 

Ns. Nee wraggies – daar het ‘n ou in die riooldam verdrink ook nog…

18 Comments on “Lekkervurig fort

  1. Kan ek nou net met my ken wat op my handpalm rus, by jou lees en runnik soos ñ perd. Die wêreld het voorwaar heeltemal gek geword. Runnik, want dit is al geluid wat uitkom. Dan, jou tent. Ek het ook een; diè is my rekenaar se “screensaver”. So, elke keer as ek hier kom sit uit moedeloosheid, ‘duik’ ek eers in my kombers-tent in. Kop eerste. Ek moet agteruit uitklim, stêrre eerste. Maar ek wil nie. Wil net so bly sit en na my rooi en blou en geel kombers staar.

    Liked by 1 person

  2. Jip, die krismis shopping gaan vroeg begin hierdie jaar. Pak maar julle waardevolle goedjies weg. Ek weet nie hoekom ek nou hier vir julle predikamente sit en grinnik nie. Dit moet wees oor die manier wat jy dit geskryf het – het jy reeds aan die strooitjie gesuig?

    Liked by 1 person

  3. Toemaar troos jou daaraan van hieraf, na die Liquifruit met ‘n strooitjie, kan dit mos net waaragtig beter gaan! Maar ja, Banana Republic se freaking Moses – met lewens wat niks werd is nie. Dankie, sal beslis “wake up” wees… en nee, die klient is NIE altyd reg nie, daai is bollie.

    Liked by 1 person

  4. Ag nee dem. Ek is nog nie eens in SA nie. Sit op ‘n lughawe in die woestyn en wag vir my laaste vliegtuig. En ek kom van ‘n plek waar ek nie my deur gesluit het nie, en saans kon fietsry. Wats daai pille se naam?? Dink jy Abu Dhabi se apteek hou dit aan?

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: