Ek het vandag ‘n eina hart. My gemoed is seer. Wens ek was Portugees. Dan kon ek ‘n fado sing.
‘n Fado deur ‘n man gesing is gewoonlik oor die swarigheid van die lewe, die stand van politiek, sy verlore liefde. Ek sal maar soos een aantrek om ook so te kan sing. (Ek het hoeka eerder saam met die seuns alt nader aan tenoor gesing in sangklas)
Ek sal so diep van binne my siel die seer ophaal, en elke letter sal met trane en bloed bedruip wees. Want net so min as die Portugese sanger met sy hartseer sy wêreld kan verander, net so min kan ek verander aan dit wat my so beswaard laat voel.
Die wete dat die vieslik, verbale raasbekke na links en na regs in Suid-Afrika regkry dat die meetse van ons alweer soos skape wat vir die wolf skrik, op ‘n bondel gejaag word en ineen krimp van angstigheid en kommer – dit maak my binnekant swaar en seer. Die wete dat ‘n toebek is ‘n heelbek, maak my seerkwaad.
Rêrig, ek wil nie so leef nie.
Weet nie van jou nie.
Ek skryf dan maar ‘n Afrikaanse fado.
Wat sal jou gelukkig maak?
Jy is so kwaad
Jy bly so aanhoudend ontevrede
Elke dag is daar nuwe rede vir jou woede
en alles, alles begin en eindig by my.
My ligte vel
My on-Afrika herkoms
Ek het nie gevra om hier te land nie
Ek verstaan net so min soos jy
Vertel vir my
Wat wil jy van my hê
Suid-Afrika – wat wil jy van my hê?
Wat is die antwoord.
As ek voor jou kom staan – wat is die antwoord wat jy sal gee?
Dit maak so seer – want ek weet
jy weet ook nie.
Kolonialisme
Kapitalisme
Afrikanisme
Snobisme
Sinisme
Watter isme, watter isme?
Waarom is jy nie lief vir my
Wat moet ek gee, wat moet ek doen
Dat hierdie seer einde kry?
Nee, ou Lekkervurig, dié klink soos ‘n Jermiade… luister eerder die onverstaanbare Fado Da Saudade – Sielslied van verlange:
Die vrou fado net so snikkend mooi…..
“Although taking many forms, as it is sung differently in Porto, Coimbra and Lisbon, the Fado is, by self-earned right, the very expression of the Portuguese soul.
In Lisbon and Porto we can find the sung Fado (Fado Cantado) in the oldest parts of the city, in the taverns or Fado houses. They are small, old, with cold walls, decorated with the symbols of this form of song in these two cities: the black shawl and the portuguese guitar.
The man that sings Fado usually does it in a black suit. He sings his love affairs, his city, the miseries of life, criticizes society and the politicians. He often talks about the bullfighting’s, the horses, the old days and the people already dead, and talks, almost every time, of “saudade” (longing).
But where did the word Fado came from? It came from the Latin fatum, which means fate, the inexorable destiny that nothing can change. That is why Fado is usually so melancholic, so sad: as it sings that part of destiny that was opposite to the wishes of its owner. The woman sings always in black, with a mournful voice, and usually with a shawl on her shoulders. She sings the love and death: the death from the loss of love, the love lost to death…
This way of singing shows, in a certain way, the spirit of the Portuguese people: the believe in destiny as something that overwhelms them and to which they can’t escape, the domination of the soul and heart over reason, that leads to acts of passion and despair, and reveal such a black and beautiful sorrow.”
Lees meer hier:
Fado, prachtige muziek.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan later na die musieke luister; sit nou in ń restaurant. Jou skrywe raak so aan my hart…
LikeLiked by 1 person
Ek sal ook hou van so ‘n uitlaatklep, want ek het ook geen idee hoe om hierdie gemors op te ruim nie. Dit voel gedurig asof ons in die kruisvuur is. Ek weet nie hoe lank hierdie stoompot se deksel nog gaan opbly nie.
LikeLiked by 1 person
Ek hou van jou Fado
LikeLiked by 1 person
Ek het kom luister, en nou wil ek meer hoor! Dit praat met my siel.
LikeLiked by 1 person
Shoe Tannie… een van tannie se beste stukke sover xx
LikeLiked by 1 person
sug… ja ne!
LikeLiked by 1 person
Ek en jy is vandag op presies dieselfde bladsy in hierdie boek wat ons die lewe noem… ek Fado saam met jou, vals en van noot af… maar hoor my Fado…
LikeLiked by 1 person
Stem saam met jou….😭
LikeLike