Ek het lank terug die volgende wysheid van die teen my muur vasgeplak:“We have bigger houses but smaller families; more conveniences, but less time; we have more degrees, but less sense; more knowledge, but less judgment; more experts, but more problems; more medicines, but less healthiness. We’ve been all the way to the moon and back, but have trouble crossing the street to meet the new neighbor.
We’ve built more computers to hold more information to produce more copies than ever, but have less communications; we have become long on quantity, but short on quality. These times are times of fast foods but slow digestion; tall man but short character; steep profits but shallow relationships. It is a time when there is much in the window, but nothing in the room.” ~ Dr. Bob Moorehead

Hierdie moderne, agressiewe, gewetenlose, woedende wêreld is vinnig besig om my onder te kry. Deur ons selfoonlens beskou ons die regte lewe asof dit ‘n fliek is. Alles vierkantig geraam en nie klaarblyklik nie waar nie. Die mensdom is afgestomp,  ontdaan aan menslikheid en ‘n sin vir werklikheid. Leë kamers met groot vensters.

So skok ‘n video oral op die Vuisboek van ‘n hoërskool dogter wat deur ‘n seun aangeval word. Die kind word geklap en geskop, die video-opname bewe nie eens nie. Eers afneem voordat ons intree. Alles sosiale media ter wille. Vergeet opstaan vir onreg.

Die kind verloor haar skoen, en jy sien iemand nader hardloop om haar te help. Die aanvaller neem die wyk. Die video fokus op die dogter wat ooglopend ongemak verduur en knyp-knyp opstaan en dan die uiterste vernedering – die grond om haar kleur nat donker – ten spyte dat sy probeer keer.

Almal op Vuisboek is vreeslik geskok, hulle gaan die video versprei,so vark, die kultuur van die kinders word uitgekryt, die aakligste goed word gesê.

Het iemand vir die dogter gebid. Kan jy jou indink, natgepiepie moet jy van die ervaring weglooop, wetende maats het jou gesien, die wêreld aanskou jou besering en vernedering.

Dis vrouemaand – die adjunk-minister van Onderwys word R5000 borg sonder verskyning gegee omdat hy twee vrou aangerand het, die seun skop en slaan en iemand verfilm die insident asof dit ‘n sepie is….siek siek.

“It is a time when there is much in the window, but nothing in the room.”