Die loop ek so op die Vuisboek raak. Ek kan nie ophou hieroor dink en mymer nie: “Developing self-knowledge is more than gathering information about ourselves. One of its most important aspects is to re-member: to bring together the parts and integrate what pain has alienated us from, what fear has separated us from, and what our need for safety has caused us to disdain. Our inner journey into self-knowledge begins with re-membering, restoring, revitalizing, rescuing, reclaiming, and renewing.” *
Om te re-member – van vooraf aanmekaar te sit is hoe ek dit interpreteer. Goete gebeur – jy verander aan denke, of jy moet leer om anders te lewe vanweë ongeluk, geweld, siekte of verlies van ‘n aard.
Jy spat in krisis of katarsis uitmekaar en dan moet jy jou uitmekaarself na die chaos verby is, en jy is nie dood nie, weer aanmekaar sit. Dan een voet voor die ander, aangaan. ‘n Hersaamgestelde ‘re-membered’ jy. Jy, maar ‘n ander weergawe van jou.
Dis vir my ‘n beeld wat werk. Jy vandag, is nie jy van 10 jaar gelede nie, is nie jy van gister nie. Jy is vandag ge-‘re-member’, as gevolg van al die gisters sodat jy al die mores met ‘n groeiende gemoed kan binne gaan.
Is dit tog nie wat ons hier op die ondermaanse moet doen nie. Re-member tot ons die vir-ewig-weergawe van onsself bereik? Is dit nie waar ons saligheid lê nie?
Mymer, mymer.
*Authors: Bud Harris PhD, Massimilla Harris, PhD
Kunswerk : Natalia Drepina Photography ~The Artists Project~
Definitief stof tot nadenke…
LikeLiked by 1 person