FB_IMG_1491592591958

So, dis toe nou vandag wat almal dink ons land gaan van die Prez ontslae raak. Zapiro spot oor die man se slapelose nag met skape tel. Ek dink ons is naief as ons dink dinge gaan sommer so verander. Tensy Prez bedank…

Ek luister op RSG hoe Piet Kopdoek (en ek kan my soms liederlik vir dié man wip) wat die spyker op die kop slaan saam met ander nuusbronne: Dit is nie demokrasie as parlementslede in die geheim moet stem nie. Demokrasie werk so dat almal hulle deel doen, dat korrupsie nie geduld word nie, dat goete openlik gedoen word. Sonder vrees vir jou lewe of intimidasie.

Ons gaan nog ‘n kabinetskommeling en die agtste mislukte aanslag op die korrupte “toksiese demokrasie” van die Zuptas nouliks oorleef. Die 30 miljoen stemgeregtigdes – ek en jy- sal hard en duidelik moet stem oor agttien maande. Nie weer toelaat dat ‘n skandelike handvol mense toegelaat word om namens die hele Suid-Afrika te besluit nie. Daai ene is wat moet verander.

Die Suid-Afrika wat ons wil hê begin by my en jou. Raasbekkie Tumi Morake het dit vanoggend op die persradiostasie se brekfis raak gesê: Ek is gatvol vir rassiste van enige kleur – as hierdie land jou pla – trek Australië toe, trek Uganda toe, Kanada toe. Gaan net. As mense in jou kring die K-word en rassistiese houdings teenoor enige persoon, kultuur, groep openbaar – help hulle reg of doen afstand van die geselskap.

Noem my ‘n sosialis, kommunis, oorloper, wat ookal. My dogter en toekomstige skoonseun gaan kinders hê of aanneem. Ek het nie vir hulle erfgeld om hulle elders in ‘n ander land te gaan vestig nie. Hulle het ‘n huisie in die Karoo. So daar. My nageslag, hetsy van my hart of my gene, verdien dat ek saam met Tumi Marokes opstaan en sê kom oor jouself en jou kleinserigheid.

Ons almal se geskiedenis wys ons almal se vooroordele hang uit – die geweld, die ter wille van oorlewing, die “ek is verneder, ek is kwaad, ek is verontreg”….en so aan en so aan. Wat my die heel meeste grief, “ek het nie voordeel getrek uit ….nie.” Natuuurlik het ons. Ons is goed opgevoed, ons is werk gewaarborg, ons is tot domword toe beskerm.

Kruisig my – ek voel ‘n veer.  Intussen gaan ek maar van 12h00-14h00 op die sypaadjie staan met my mooi vlag van die land waarvoor ek lief is en elke mens ‘n staning mag hê en bid vir ons almal se oorlewing.

Amandla. Ubuntu.

images (3)

Lees hier waaroor en hoekom ek vandag tekere gaan:

http://theconversation.com/south-africa-will-be-better-off-if-the-vote-to-oust-zuma-proves-to-be-a-damp-squib-82034

https://www.dailymaverick.co.za/article/2017-08-07-trainspotter-the-ides-of-august-zuma-faces-a-vicious-weapon-invisibility/#.WYlZlFEjHIV