Hemelse, malse lekkerte. Jaarlemoen, Ruby pomelo en tangelo. Ek het vroegoggend my lê en verlekker aan die vooruitsig om die sitruslekkerte op te dis.
Eers die ruik aan die skil van die geel en oranje sfere, sonskyn juwele in my hand. Dan die lieflike geur as die mes die sitruslekkerte die lug ingestuur sproei. Dan die dik witvliese aftrek en die malse sap oor jou vingers loop.
Lekkerte in elke sappige selletjie. Ek is heilig oortuig ons Skepper het liefde en sonskyn in elke sel vermeng. As mens so stukkie hap en die soet, suur, bitter dans oor jou tong, voel mens die warm Goddelike seën diep in jou hart, en sing jou siel saam:
Loof Hom met die tromme,
loof Hom met die harp,
loof Hom met die klinkende simbale.
Alles wat asem het loof, loof die Here.
Alles wat asem het loof, loof die Heer.
Prys Hom met jul stemme, prys Hom uit die hart,
prys Hom in die hemel en op aarde.
Alles wat asem het, loof, loof die Here.
Alles wat asem het, loof, loof die Heer.
Water my mond ook nou sommer.
LikeLiked by 1 person
O dis mooi!
LikeLiked by 1 person
Ons kry die afgelope twee weke die heerlikste soet lemoene daar van Citrusdal se wêreld af te koop. Selfs Genis (die vet hond) sit en suig nou aan ‘n lemoenskyfie wanneer hy saam TV kyk.
LikeLiked by 1 person