FB_IMG_1498888749907

Die  traan tref my. Ek kan nie peil waarom nie.

Ek lees op oor trane. Daar is ‘n verskeidenehid tipes en het met biologiese funksie, oorerwing en natuurlik ‘n verskeidenheid emosies te make.

Daar is trane van harsteer, skaamte, woede, frustrasie, vrees, veugde, passie en pyn. Daar is trane van trots, meelewing, mededoë. Dis die egte suiwerende soort.

Maar daar is ook trane van die krokodil soort, die hiermee-kry-jy-jou uit-die-moeilikheid-uit trane. Daai diva-trane waar die hand oor die voorkop geslaan word en die gesig vertrek en die oë pers water uit die hoeke – dramaties. Hulle sien jy baie in die flieks, en in die regte lewe ook.  Geveinsd, vir effek, om beheer te behou, aandag af te trek.

Maar ek dwaal af, die traan in die skildery trek my. Dit is ‘n greep uit  Rogier van der Weyden, ‘Descent from the Cross – Deposition (detail)’ (1435)

Lees hier vir meer:https://en.wikipedia.org/wiki/The_Descent_from_the_Cross_(van_der_Weyden)

1498988931512-1067607342

 

“Art historians have commented that this work was arguably the most influential Netherlandish painting of Christ’s crucifixion, and that it was copied and adapted on a large scale in the two centuries after its completion. The emotional impact of the weeping mourners grieving over Christ’s body, and the subtle depiction of space in van der Weyden’s work have generated extensive critical comments, one of the most famous being, that of Erwin Panofsky:

It may be said that the painted tear, a shining pearl born of the strongest emotion, epitomizes that which Italian most admired in Early Flemish painting: pictorial brilliance and sentiment”

Dis die traan, ‘‘n juweel gebore uit die sterk emosie’ van ‘n ma se verlies aan haar kind. Kan dit Maria wees wat ween oor die gestorwe Jesus?  ‘n Volmaakte lewe geoffer vir ons, maar wat Goddelik onder haar hart gegroei, en mens kom word het.

Alle mammas ken daardie gevoel van jou hart wat buite jou woon van die oomblik dat daardie lewe na nege maande in jou arms gelê word.

Hoeveel te meer die moeder wat haar kind se dood beleef.  Hierdie traan, is daardie traan.

Nou besef ek wat my ouma bedoel het na my ma dood is.

Dit was hierdie traan.