Ek raak sommer opgeklits. Beterweters en opiniesiekes wat wil vertel hulle weergawe van God en God se wil vir ons is die regte weergawe. Pffft.
Die afgelope weke se brande in Knysna en Londen, die skietery op ‘n pro-Trump politikus, het iets baie interessant uitgelig.
Vrywilliger vuurvegters het hulle lewens in die Knysna brande verloor, ‘n jong witman en ‘n middeljarige kleurlingman.
In Londen het jong Moslems wat Ramadaan huldig, honderde lewens gered.
In Amerika het ‘n immigrant en ‘n gay, hulself as skild tussen die politikus en ‘n skieter geplaas.
Sien jy dit ook. Gewone mense wat hulself vir ander offer. Wat buitengewoon groot omgee en liefde toon.
Daar is ook die ware storie van vriendskap tussen ‘n Moslem Imam en Joodse Rabbi in die verskeurde Jerusalem. Hulle ontmoet daagliks met sonsondergang op ‘n brug. Toe hulle oor hulle vriendskap en verskille uitgevra is, lag albei hartlik. Dieselfde God is hulle s’n, dis Hy wat hulle bymekaar bring. Hy vul die spasie om hulle en snoer hulle so saam.
Aangrypend né.
God laat Hom nie definieer nie.
Verbeel jou. Jou persepsie is maar allerweë subjektief. Ons uitkyk op die lewe en ons denke is ingekleur deur wat ons aan eie bas ervaar. Hoe gevaarlik is dit dan nie om God met jou mensperspektief in te kleur nie.
God laat Hom nie etiketteer en verklein tot mense dinge nie.
God is liefde onbeskryflik groot. God wil al sy skepsels by Hom hê, vir ewig.
God gee om vir siele, nie ryk of arm, man/vrou of seksvoorkeur nie.
God organiseer nie tragedies en uitdagings om jou te toets nie.
God wys deur Adam en Eva, Noah, Abraham en Isak, Moses en Joshua, Josef en sy broers, elke Bybel verhaal, vir ons Sy liefde deur elke ervaring aan die mens bekend. Dis God, altyd daar, maak nie saak wat gebeur nie. Gewone mense doen groot dinge, want God se liefde is deur hulle in aksie
Ons wil net nie leer nie.
Al het God vir Jesus gestuur om vir ons in werklike tyd te wys hoe geloof, aanbidding en liefde in aksie moet lyk, volg ons, gekleur met eie kultur en lewens uitkyk, ons eie koppe.
Die gevolg: Gereformeerd, Hervormer, Katoliek, Ortodoks, Islamities, Semities, Baptis, Evangelies, en, en,en. Om geloof nog meer menslik te maak, kom taal en kultur ook nog by. Geen wonder ons is so kwaad, miskennend en aan-die-keel-grypend nie. Die duiwel het ‘n jol met ons.
Dis te eenvoudig, die geloof wat God van ons vra. Ons hou van moeilik, want dan kan ons kla en opgee, want kyk hoe swaar is die nou pad. Verkeerd, verkeerd.
God is groot en lief. Hy het ons met opvoedkundige speelgoed toegerus. Die Skepping, en Sy Woord. Gaan duik daar in en kyk en lees en groei. Elke dag weer en weer, groei na die skepsel wat Hy liefhet en Hom oopbek en los-handles aanbid en liefhet.
Hy is lief vir die vrywilligers, vir die gewers, vir die jong Moslems wat die alarm gemaak het, vir die immigrant en die gay. Hulle is God se hande en stem. Hy is lief vir my en jou. Kom ons vat hande, en voel hoe Sy liefde ons omvou.
Kom ons kyk in mekaar se oë, ons sal onsself in mekaar raaksien. Dis wat God will hê.
Baai, ek gaan speel.
Ek voel net soos jy. Jy het dit baie goed hier uiteen gesit, dankie daarvoor. Die God wat ek dien laat Hom nie in ń blik druk nie. Sy gedagtes is nie soos ons sn nie. Sy genade en liefde is te groot vir ons om te begryp. En is ek nou dankbaar dààroor!
LikeLiked by 2 people
Tannie het n manier om dinge so duidelik te maak deur woorde. Ek is mal oor die een
LikeLiked by 1 person
Hierdie skrywe is baie diep… en soos jy sê, net te moeilik om ‘n eenvoudige antwoord te gee… ek glo in Jesus-bloed en selfs daai liefde kan ek nie met my klein brein uitmaak nie.
LikeLiked by 1 person
Ja God is groot. Baie groot! Maar ons mag nie die Jesus uit die storie haal nie. 😊
LikeLike
Sonder Jesus kan ons nie by God uitkom nie, voorwaar.
LikeLike