Aangrypend oor oud word. Sjoe.

 

Slotsom

Ek is nie meer kind nie, o God –

gister, eergister en al die dae voor dit
rus somber in my wasige grys oë,
wat nie meer op grond
van sien wil glo nie.

Die amandelboom staan in bloei,
die sprinkaan sleep homself moeisaam voort
en die kapperkruid het nutteloos geword.

Alles het tot niks gekom voor my,
dis net die afdraai paaie wat nog sigbaar
is op my gesig. My koffers is leeg.

Maar ek wil tuisgaan waar hemel en aarde
my nie meer in twee sal skeur nie.
Daar waar die kompas se naald los is
omdat U daar is.

Want Here, die lewe het net ‘n
brandende bos geword en die
blote feit dat ek nog die hitte
daarvan teen my dun vel kan voel –

net genade.

~© Karen van der Merwe

Foto – Pierre Gable

Image may contain: one or more people