easter2017

Paasaffodil

Wat beteken Paasfees en al die Paasfees simbole vir jou?

Vir my is dit veel, veel meer as ‘n langnaweek, paashase, paaseiers en padsterftes.

Ook veel meer as affodille, paasbolletjies en kerrievis. Daar is egter vir my en my geliefdes diepe betekenis agter die simbole en gebruike gereserveer vir die Paastyd.

Christus, die Visserman, die Leermeester, die Koning van konings het Sy lewe vir ons geoffer, en uit die dood opgestaan sodat Hy vir ons ‘n Nuwe Hemel en Nuwe Aarde kan gee!

Affodille dui op hoop en nuwe groei. Jesus maak dit moontlik. Daarom is ek altyd kinderlik bly wanneer die mini-affodille op die blommerak verskyn, dit herinner my aan ‘n besondere geloofstyd aan’t kome.

Ons berei oor Paastyd gepekelde vis, sodat ons herinner kan word aan die asyn wat Jesus gekry het, toe Hy aan die kruis gesê het:”Ek is dors.”

Die paasbolletjie herinner my aan Jesus se belofte dat Hy die Brood van die Lewe is, en ook dat hy Sy lewe geoffer het om ons sondes te delg. Die kruis op die Paasbolletjie herinner my aan die opstanding op die derde dag van ons Heiland en Heer. Die dood is oorwin!

Hosanna, hosanna roep ek saam met die skare. Red ons,red ons! En Hy het, en Hy doen en Hy sal!

Paastyd is nie die enigste tyd wat ons moet opsy sit vir Jesus nie – elke dag is ‘n vernuwing. Elke oggend as die Here ‘n nuwe dag skenk, kan ons nuutgeskep leef, want Jesus het vir ons ewigheid opgestaan!

Ek lees tans ‘n boek, “Forgotten Jesus”. Wat ‘n besieling om te leer van Jesus en die tyd waarin Hy geleef het. Jesus, die Joodse Rabbi, Jesus na wie daar in die hele Bybel na gewys word. Deur Adam en Eva, deur Abraham, deur Isak, deur Dawid, Daniël en Elia. Jesus staan die hele Bybel vol.

Lof vir die boek: “By uncovering the teaching of the first and second century rabbis and Christian theologians, and highlighting little-known Jewish idioms and traditions, Gallaty takes Christians on a biblical journey to rediscover a forgotten Jesus from a biblical perspective, deepening your relationship with God.”

My asem is weg. My hart klop warm – God het Sy storie geskryf vir my en vir jou, oor eeue heen! Onbeskryflike genade en liefde.

Kyk ook hier: