Ons toekoms in die hande van 50 ANC parlementslede. Hehe. Uit ‘n bevolking van amper 50miljoen. Ons is gekaap.

Is dit nie vreeslik om te dink dat 201 lede van die parlement moet saamstaan om Zuma die trekpas te kan gee. Vyftig van daardie 201 moet uit ANC geledere kom. Maar ek is bevrees, daar is nie vyftig sulke brawe mans en vroue te vind nie.

Die ANC se  National Working Committee (NWC) het flussies by monde van , Gwede Mantashe gesê hulle berus by Zuma se redes om Gordhan te vervang. “Geen party kan teen homself stem nie,” aldus Mantashe.

JZ gaan nêrens nie.  Vyftig brawe manne en vroue gaan nie opstaan en gereken word nie.

Ons kan nie staat maak op 0.000001% van ons bevolking om ‘n man uit die kussings te lig nie.

So, ek bal my vuis in die lug en sê dankie vir almal wat aanhou probeer, deur protesoptogte, petisies, Vuisboek opmerkings.  En ek sing maar saam met Pink om  myself moed in te praat deur my trane vir ons brose, seerkry demokrasie.

“Ever worry that it might be ruined
And does it make you wanna cry
When you’re out there doing what you’re doing
Are you just getting by
Tell me are you just getting by, by, by

Where there is desire, there is gonna be a flame
Where there is a flame, someone’s bound to get burned
But just because it burns, doesn’t mean you’re gonna die
You gotta get up and try, and try, and try
Gotta get up and try, and try, and try
You gotta get up and try, and try, and try”

 

Eerwaarde Martin Niemöller het na jare in gevangenisskap, so by so ook na Wêreldoorlog Twee gewaarsku:

niemollerb

Anderpad kyk is nie meer ‘n opsie nie.

Hoekom hou ek moed al is dit hoe swaar en lyk dit onmoontlik? Omdat ek glo ons is vir ‘n rede hier en God is eintlik in beheer. Ek glo vas in: “Heer ek het my bes probeer, laat U wil geskied.”

“You gotta get up and try, and try, and try
You gotta get up and try, and try, and try
You gotta get up and try, and try, and try
You gotta get up and try, and try, and try”