Dit is ‘n feit dat die Suid-Afrikaanse elektrisiteitskrisis ‘n aantal jare gaan duur. As teenvoeter bied ‘n kaggel die belofte van konstante, snoesige hitte en ‘n ligbron deur selfs die ysigste koue en beurtkrag donkerte!
Kaggelkoop is nie perdekoop nie.
Jou kaggel is nie ‘n elektriese apparaat wat met die klik van ‘n skakelaar sy funksie vervul nie. Dit is ‘n langtermynaankoop en deel van jou huishouding en leefstyl.
- Dit gaan aandag en sorg vereis, maar sal op ‘n koue, donker aand aan die stoutste verwagtinge voldoen, omdat jy moeite gedoen het om die eenheid se funksionering en sy verhouding tot sy omgewing te verstaan .
- Het die kaggel ‘n waarborg op die herd? Is daar installasie waarborge? Is onderdele en skoorsteenstukke vrylik beskikbaar?
Watter kaggel sal die beste by jou dekor en leefstyl pas?
As jy ‘n kaggel benodig wat heeldag op koue dae moet brand, is die stadige ontbranding of houtkaggel die beste keuse. Hierdie tipe kaggels is meer ekonomies oor lang periodes, maar onthou dit is ‘n permanente installasie en daar is onderhoud aan verbonde.
Vir mense met beperkte ruimtes, professionele persone en stadsbewoners wat kits verhitting vereis of vir wie dit onprakties is om ‘n hout kaggel te installeer, is biobrandstof of gas ‘n ooglopende keuse. Biobrandstof en gaskaggels ’n kleiner hittekapasiteit teenoor groter houtkaggels wat groot areas met gemak verhit.
Daar is verskeie faktore wat die ideale kaggelgrootte vir jou vertrek bepaal:
- Estetika
- Hitte benodig
- Aantal vensters
- Plafonne
- Oop plan en/of dubbel volume
- Buiten bekostigbaarheid en styl, moet huiseienaars ook die praktiese werking van elke tipe kaggel oorweeg.
- Kan jy ‘n skoorsteen installeer? Indien nie – word die verskeidenheid kaggel opsies aansienlik kleiner.
- Die grootte van die vertrek sal ‘n invloed hê op die tipe en grootte kaggel wat jy kies.
Hittekapasiteit
Kaggels se hittekapasiteit word uitgedruk in kilowatt hitte uitset (KW) of kubieke meter (m³). In tipiese Suid-Afrikaanse toestande, kan 1 KW ongeveer 20 kubieke meter verhit. Hierdie waarde sal verminder in uiterse koue, soos onder vriespunt.
- Bepaal die volume van die vertrek met die formule lengte x breedte x hoogte byvoorbeeld: 4m x 5m x 3 m = 60 m³ (kubieke meter).
- Indien die vertrek ‘n groot oop leef area (sit-, eet- en kuierkamer)is beskou die hele spasie as een vertrek.
- Voeg 30m³by jou totaal om enige koue lug wat van aangrensende oop spasies na die hittebron sal stroom, te akkommodeer.(Sulke oop spasies is gewoonlik gange, oopplankombuise, ontvangsareas, trappe, dubbel volume dakke, ens.)
Ten slotte
Al het kaggels ten doel om verhitting te verskaf, doen almal dit nie gelykwaardig of op dieselfde wyse nie.
Sommige kaggels is ekonomies bekostigbaar en energie doeltreffend, en ander is makliker en skoner om te gebruik.
Kies wys.
Sluit aan by ons Facebook familie en bly op hoogte van nuttig inligting en inspirasie:
https://www.facebook.com/heatwavepolokwane
Ander nuttige skakels:
Ek laaik… dankie!! 😉
LikeLiked by 1 person